Welkom by SA Vryskutskrywer - Die Fynskrif

Algemeen

  1. SA Vryskutskrywer se webblad vertoon op sy beste met bladgrootte 1366 x 768.

  2. Dis noodsaaklik dat webblaaiers toegelaat moet word om javascript -kodes te lees anders sal sommige van SA Vryskutskrywer se webblad-funksies afgeskakel word. Vir volledige besonderhede oor hoe om javascript in jou webleser te aktiveer, kan jy hier gaan kyk (eksterne skakel).

  3. SA Vryskutskrywer se aflaaibare materiaal word in Adobe Acrobat Reader PDF-formaat verskaf. Laai die nuutste weergawe van Adobe Acrobat Reader gratis hier af.

  4. E-boeke kan maklik met Adobe Digital Editions gelees word. Laai die nuutste weergawe gratis hier af.

  5. Waar moontlik gee SA Vryskutskrywer erkenning aan enige item wat vanaf ‘n ander bron verkry is. Indien SA Vryskutskrywer van jou materiaal gebruik en jy nie erkenning daarvoor kry nie, of indien jy voel dat enige publikasie op hierdie webtuiste ‘n verbreking is van kopiereg of enige ander reg wat jy aan jouself toe-eien, kontak ons asseblief.

  • Die artikels en hulpmiddels in die gratis afdeling kan afgelaai word, maar hou asseblief in gedagte dat kopiereg op alle materiaal bestaan en dat dit dus die intellektuele eiendom van die skrywer is. Gee asseblief erkenning aan die skrywer van enige materiaal op hierdie webwerf indien jy dit vir enigiets anders as persoonlike inligting wil gebruik.

  • Die webwerf en alle inhoud op die webwerf, insluitende huidige of toekomstige aanbiedings van produkte of dienste, word op ‘n "soos dit is"-basis verskaf en mag onakkuraathede of tipografiese foute insluit.

  • SA Vryskutskrywer aanvaar geen aanspreeklikheid vir skade of verlies gely weens die gehalte, egte oorsprong of die gebruik van die materiaal wat op die webwerf verkoop is nie.

  • Alle private inligting wat verskaf word om 'n bestelling of navraag te plaas word streng vertroulik gehou en sal aan geen derde partye bekend gemaak word nie. Dit sluit persoonlike-, bank- en kredietkaartbesonderhede, telefoonnommers, adres- en e-posbesonderhede in.

  • Kursusse

    1. Tans is geen van SA Vryskutskrywer se kursusse by enige amptelike instituut geakkrediteer nie en SA Vryskutskrywer verskaf slegs 'n Sertifikaat van Voltooiing aan studente wat aan al die vereistes, soos uiteengesit in die kursusmateriaal, voldoen het.

    2. Sommige van ons kursusse beskik wel oor 'n waarborg. Hierdie waarborg, wat by kwalifiserende kursusse met 'n waarborg-etiket aangedui word, beteken slegs dat ons kan waarborg dat die student, na suksesvolle voltooiing van sodanige kursus, onmiddellik geld daarmee sal kan begin verdien.

    3. Die fooi van elke kursus en diens word vertoon saam met die kursus of diens. By ‘n spesiale geleentheid, soos byvoorbeeld ‘n uitverkoping of spesiale aanbieding, sal die verlaagde fooi vertoon word.

    4. Die fooi van elke kursus is saamgestel op 'n 70:30 basis - 70% van die kursusfooi verteenwoordig die kursusmateriaal en 30% van die kursusfooi verteenwoordig die opleier se terugvoering en evaluering. Hierdie inligting sal slegs van toepassing wees indien SA Vryskutskrywer in 'n hoogs uitsonderlike geval tot 'n terugbetaling sou instem.

    5. SA Vryskutskrywer verskaf nie 'n terugbetalingswaarborg nie. Indien 'n student dus 'n kursus aangekoop het en later besluit hy/sy wil dit nie meer doen nie, kan SA Vryskutskrywer ongelukkig nie die fooi terugbetaal nie. Ons werk op 'n wedersydse vertrouensbasis - die student vertrou ons om alles binne ons vermoë te doen om hom/haar gepubliseer te kry en ons vertrou op die student om ons kursusmateriaal nie "op sig" te neem en dan van plan te verander nadat hy/sy buitendien volledige toegang tot al ons opleidingsmateriaal en ondersteuning gehad het nie. Maak dus asseblief seker dat jy werklik vir die kursus van jou keuse inskryf en van plan is om dit enduit te volg. Ons gaan nie by enige dispute hieroor betrokke raak nie.

    6. Indien 'n student werklik binne 14 (veertien) dae van plan verander het wat betref die kursus van sy/haar keuse, sal SA Vryskutskrywer 'n alternatiewe kursus in dieselfde prysklas aanbied, ongeag of daar al met die oorspronklike kursus begin is of nie. Dit sal egter net in hoogs uitsonderlike gevalle gedoen word en kan nie as 'n gegewe beskou word nie.

    7. SA Vryskutskrywer kan nie verantwoordelik gehou word vir veiligheidsfoute wat op 'n gebruiker se elektroniese toerusting voorkom nie (dit sluit jou persoonlike rekenaar en/of ander elektroniese toestelle in wat gebruik word om toegang tot die webwerf te verkry). Veiligheidsinbrake kan veroorsaak word deur 'n tekort aan virusbeskermingsagteware of spyware wat jy dalk onwetend op jou toestel afgelaai het.

    8. Alle aankope en kommunikasie geskied via internet en e-pos. Géén landpos word gebruik nie. Die onus rus dus op die gebruiker van hierdie webwerf om seker te maak dat kontakbesonderhede soos e-posadresse waarheen materiaal versend moet word, korrek is.

    Bestellings en betalings

    1. Ontvangs van navrae word binne 48 uur erken. Bestellings word ook binne 48 uur na ontvangs van betaling versend. 

    2. Alle aanlynbetalings word deur PayFast verwerk. Lees hier meer omtrent PayFast se veiligheidsbeleid.

    3. As jy verkies om eerder deur middel van ’n persoonlike bankdeposito te betaal, moet ’n kennisgewing van bevestiging van sodanige betaling gestuur word gestuur word.

    4. Tjekinbetalings het 'n verpligte 10 (tien) werksdae wagtydperk weens die verrekeningstydperk van die bank. Betalings deur middel van 'n tjek word dus eers na 10 (tien) werksdae as "ontvang" beskou.

    5. Hoewel SA Vryskutskrywer se administrasie en opleiers alles binne hulle vermoë sal doen om te verseker dat 'n student se manuskrip - hetsy fiksie of niefiksie - vir publikasie aanvaar word, kan ons GEEN waarborg verskaf dat dit wel sal gebeur nie. Dit hang van te veel faktore buite ons beheer af.

    Webinhoud

    1. SA Vryskutskrywer behou hom uitdruklik die reg voor om sonder vooraf kennisgewing veranderings en/of wysigings aan enige kriteria of inligting op hierdie webwerf te maak.

    2. SA Vryskutskrywer behou hom die reg voor om sonder vooraf kennisgewing, die fooie en tariewe op hierdie webwerf te verander.

    3. Die idees in die Ideesbank word algeheel goedgunstiglik beskikbaar gestel en geen waarborg kan gegee word dat hulle wel deur 'n publikasie aanvaar sal word nie. Die onus rus op die skrywer om die idees te ontwikkel tot 'n volwaardige storie en dit self te verkoop. Ons verskaf slegs die idee.

    4. SA Vryskutskrywer plaas eksterne internetskakeladresse ter goeder trou en kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige foutiewe eksterne skakels nie, asook enige skade wat sodanige eksterne skakels dalk aan 'n gebruiker se rekenaar mag aanrig nie.

    5. SA Vryskutskrywer is geheel apolities en géén verbintenis met enige politieke party of groep hoegenaamd kan of mag geïnsinueer word nie. SA Vryskutskrywer bearbei hom vir 'n gelyke speelveld in Afrikaans en enigiemand wat in Afrikaans wil skryf of deelneem aan ons gesprekke, is welkom. Daar is geen inklusiwiteit of uitsluitings nie.

    6. Alle eksterne skakels maak in 'n nuwe blad oop.

    7. Vir enige ander vrae, klik hier .

    8. Vir die meerderheid van ons grafika word erkenning gegee aan 123RF Stock Photos , Dreamstime , Vectorstock , Canstock Pictures , CartoonStock, Shutterstock , GoGraph , Vecteezy , Freepik , Bigstock   en DepositPhotos .

    Indien jy enige navrae het of toestemming wil vra om enigiets op hierdie webwerf te gebruik, kontak ons , asseblief.


    Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


    Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

    Vertel 'n vriend van ons

    Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: