Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

Proeflees en redigering

Nico van Rensburg: Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank met jou hulp met die skepping van DOLLARS EVENTUALIS . Jy sal onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my boek DOLLARS EVENTUALIS wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is. Nogmaals baie dankie.

Abraham Hamman: Baie dankie vir jou uitstekende redigering en LitNet-aanbeveling. Ons is baie trots op ons artikel wat op LitNet Akademies gepubliseer is.

Donette Havenga: Baie, baie dankie vir die spoedige terugvoer en puik versorging van my skripsie.

Bedelia Paulsen: Baie, baie dankie, Leoni. Ek moet ook vir jou sê – jy het ‘n baie fyn oog om goed raak te sien. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek die storie gelees het en goed misgekyk wat soort van geskreeu het dat dit verkeerd was nie.

Kwarts Utgewers: Ek het nou net van Bedelia gehoor en sy is in haar eie woorde ‘hoogs tevrede’. Baie dankie, ek waardeer dit.

Rianne van Vuuren: Die  artikel wat  julle  vir  my  taalversorg  het is toe by Litnet Akademies geplaas. Dankie weer eens vir werklik goeie werk!

Stephan Naudé: Nadat ek my boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en ek was nie seker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se proefleesdienste beslis honderd maal aanbeveel.

Enkele gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is


Vertel 'n vriend hiervan:


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig. Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: