Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...


René van Staden: Ek het nooit kon dink dat artikels skryf so 'n verfynde kuns is nie, maar die formules in die kursus is baie eenvoudig om toe te pas. Skielik het ek van zero na talle artikels gegaan. My eerste artikel is onmiddellik aanvaar net nadat ek die kursus voltooi het. Baie dankie! Praktiese kursus in Artikels skryf [2012]

Tertia van Wyk: Baie dankie vir die pragtige toesprake . Albei kinders is deur na die semi-finaal. [2012]

Baie dankie aan jou en SA Vryskutskrywer omdat julle omgee. Hierdie is nét wat voornemende skrywers nodig gehad het. Julle vul 'n yslike gaping in aanlynstudies vir skrywers. In AFRIKAANS. Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek [2013]

Caty Nel: Baie dankie vir die konstruktiewe terugvoer en ekstra inligting. Baie dankie vir die kursus, ek het dit waarlik geniet. Blitskursus: ABC van Tydskrifartikels [2013]

Stephan Naudé: Nadat ek my boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en ek was nie verseker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se proefleesdienste beslis honderd maal aanbeveel. [2012]

Maryna Moolman: Jippee, het my eerste formele e-boek projek gekry om te doen. En nog een wat ook wag. Danksy SA Vryskutskrywer wat my deur middel van die werkgeleenthedeblad op O-desk se spoor gesit het! [2011]

Baie dankie vir 'n fantastiese kursus. Dit het 'n hele nuwe wêreld vir my geopen en ek kan nie genoeg dankie sê nie! Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek [2013]

Jo van Staden: My persverklarings het nog nooit regtig die resultate gelewer waarvoor ek gehoop het nie, maar ek het nie geweet wat ek anders moes doen nie. Nadat ek die blitskursus , Wenformule vir 'n persverklaring , voltooi het, het ek presies geweet waarom niemand in my gebla-bla belanggestel het nie. Sedertdien het ek drie nuwe persverklarings namens my maatskappy uitgestuur en die reaksie was fenomenaal! Waar was SA Vryskutskrywer al die vorige jare??? [2013]

Die Tydskrifjoernalistieke kursus is 'n fantastiese afspringplek vir enige nuwe skrywer. Leoni se eerlike kommentaar op my artikels en haar hulpvaardige leiding het my beskouiing van die geskrewe woord sommer handomkeer verander! Ek kan nie wag om my gevorderde SA Vryskutskrywer-kursus aan te pak nie. Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek [2013]

Santie Groenewald: Ek het die kursus baie geniet. Dit was pret om self nuusstories te soek en daaroor te skryf. Ek het ook heelwat by die ingeslote fotografiekursus geleer. Allemansjoernalistiek - jou sleutel tot geld en roem [2012]

Pieter Vermeulen: Ek is mal oor die spesiale verslae (Voer die perfekte onderhoud, Hoe om 'n artikel te skryf) . Daar is omtrent nie 'n aspek van skryf wat ek nie deur die verslae kan opknap nie. Die inligting is deeglik uiteengesit en neem nie baie tyd in beslag om dit onder die knie te kry nie. En beste van alles is dat ek dit in my eie tyd en op my eie kan doen.

Marie Wandrag: Ek staan verstom oor die hoeveelheid inligting wat skielik via SA Vryskutskrywer vir Afrikaanse vryskutskrywers beskikbaar is. Ek het altyd met sulke begerige oë na die Amerikaanse webwerwe gekyk wat uitsluitlik op vryskutskrywers fokus en gewens daar kon 'n Afrikaanse eweknie kom. En raai wat? Daar het! Die 101 Afrikaanse tydskrifmarktedatabasis is 'n fantastiese aanwins want dis so maklik om op die lys te kyk en die tydskrif van my keuse te kontak. Ek hoef ook nie eers die tydskrif te gaan koop om te bestudeer nie want die databasis bevat sommer die riglyne ook. Yee-haa!As die Yanks dit kan regkry kan ons Afrikaanse ouens mos ook! Doe so voort, SA Vryskutskrywer.   

Hannetjie Lambrechts: Baie, baie dankie vir die toesprake. Dis ongelooflik goed geskryf en die inhoud is werklik kreatief. Die kinders het omtrent al drie op en af gespring van opgewondenheid toe ek vir hulle die toesprake lees! [2011]

Cape Media: Dankie vir die vinnige resultate met ons soeke na 'n skrywer in Bloemfontein. Ons gaan beslis weer van julle diens gebruik maak.

Salomie Steyn: Verlede jaar het ons vervaard rondgeskarrel om 'n toespraak vir my 10-jarige meisiekind geskryf te kry, maar hierdie jaar was ons slimmer - ons het betyds op SA Vryskutskrywer se knoppie gedruk. Wat 'n verligting! Geen stres, geen bekommernis, net 'n slim uitgewerkte toespraak van PRESIES vier minute en my meisiekind huppel van opgewondenheid oor die debatvoering wat voorlê! [2013]

George van Jaarsveld: Danksy SA Vryskutskrywer het my skrywersdroom uiteindelik gestalte gekry. Leoni het die selfvertroue wat ek so broodnodig gehad het aan my besorg. En haar geloof in my is bevestig toe drie van my artikels direk na afloop van die kursus aanvaar is. Dankie tog vir SA Vryskutskrywer, anders het ek nog steeds net met 'n droom rondgedwaal! En nou is my bankbestuurder ook weer vriende met my. Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek [2013]

Johan Smit: Baie dankie hiervoor. Dit het my gehelp om sin te maak van die opdragte en om veral my aanbieding te verbeter. Ek weet nou ook hoe om 'n werkstuk logies aan te bied. My punte het baie verbeter en ek weet ook nou hoe om vir res van my studies my werkstukke te doen. Skryf 'n A+-Werkopdrag [2012]

Helena Breytenbach: God het my 'n talent gegee om te skryf, maar Hy het ook vir Leoni gestuur om my te help om dit te ontgin. Danksy die kursus kan ek Sy boodskap nou aan almal uitdra. Ek voel ek het uiteindelik my doel in die lewe ontdek. Riglyne vir Christelike joernalistiek [2012]

Adri Fourie: Ek weet nie hoe om dankie te sê nie! Net nadat ek die kursus voltooi het, het ek 'n werk by ons dorp se koerant gekry. Ek sou nooit kon aansoek doen sonder die kennis wat ek met hierdie kursus opgedoen het nie. Nou is ek ook 'n volwaardige joernalis! Geheime van Gemeenskapsjoernalistiek [2011]

Johan van Wyk: Dit was nog altyd my droom om vir 'n koerant te werk, maar dinge het na skool anders uitgewerk. Hierdie kursus het my die geleentheid gegee om my droom halfpad te verwesenlik en ek het reeds 'n paar berigte aan 'n hele paar koerante verkoop. Dis makliker om stories te kry as at ek gedink het omdat ek op die platteland bly en hier nie 'n verslaggewer van die koerante is nie. Ek kan nou daardie gaatjie vul. Baie dankie, SA Vryskutskrywer! Koerantjoernalistiek in 'n kits [2010]

Klik hier vir nog getuigskrifte en kommentaar

Klik hier vir ons ererol

As jy 'n kursus deur ons voltooi of 'n diens by ons gekry het en graag terugvoering daarop wil lewer, kontak ons gerus.


Het jy enige navrae?

Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, kontak ons met jou navraag.

Vertel 'n vriend hiervan:


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster

      Create a Mobile Site
      View Site in Mobile | Classic
      Share by: