Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

'n Webwerf sonder gratis materiaal is nie veel werd nie en hie r by SA Vryskutskr yw er glo ons daaraan om aan elkeen wat ons webwerf besoek 'n virtuele geskenk in een of ander gedaante te gee - of dit nou 'n handige verwysingsdokument is wat jy vanjaar kan gebruik, 'n templaat om jou boekhouding makliker te maak, of sommer net 'n handige internetskakel wat jou kan help om jou vryskutbesigheid te laat vlot - ons probeer die hele spektrum dek. Kom kyk dus gerus wat jy alles hier kan vind en as jy iets soek wat nie hier is,  kontak ons en ons kyk of ons jou dalk kan help.


Op dié blad sal jy heel moontlik 'n program of hulpmiddel raakloop wat jou kan help om jou vryskutbesigheid en skryfwerk nóg meer doeltreffend te bedryf. Of dalk is jy op soek na 'n speltoetser, e-boekleser, CV-templaat - enigiets wat jou as vryskutskrywer kan help.

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersêgoed te begin?

Die doel met hierdie virtuele skryfklub is om aan jou 'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: