Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Skryfaanhalings

Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop  soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersêgoed te begin?

Het jy dalk 'n aanhaling om by te dra? Stuur dit sommer vandag nog aan admin@savryskutskrywer.co.za.

Ek is mal oor spertye. Ek hou veral van die whoesj-geluid wat hulle maak wanneer hulle verbyvlieg. ~ Douglas Adams

Kry dit eerste en kry dit reg. ~ Joernalistieke gesegde

Gee ontspanning, hou die massas dop; gee elke dag 'n mooi nooi en 'n moord; en stoot die sirkulasiesyfers op. ~ D.J. Opperman

Daar is mense wat gebore word om te skryf. Die tuinier bêre elke steggie, elke saadjie, elke perskepit: hy beskou dit as sy roeping om te plant wat daar te plant is. Presies net só is die skrywer se siening van sy skryfwerk. Alles wat hy sien, alles wat hy ervaar, is vir hom die grondstof wat hy tot beeld kan verwoord. Hy aanvaar nie die uitspraak dat daar sommige dinge is wat nie beskryf kan word nie. Hy glo dat alles wat gedink word, ook vroeër of later geskryf kan word. Hy sou nie daarvoor terugdeins om oor die werkinge van die heilige Gees te probeer skryf nie. Niks is te groot, te fyn of te kosbaar vir sy pen om aan te durf nie. In die oë van die skrywer is die mens daar om van die lewe verslag te gee en die ganse heelal bied die moontlikheid tot verslag. In elke gesprek, in alle teenspoed, vind die skrywer nuwe stof om oor te skryf. ~ Ralph Waldo Emerson

Dit lyk eenmaal onfeilbaar: vrees, dit laat die mens koerante lees. ~ Pirow Bekker

God skep hoop en die koerante skep verwagtinge. ~ Marthinus Versfeld

Geskiedkundiges vertel die verhaal van die verlede, romanskrywers die verhaal van die hede. ~ Edmond de Goncourt

Die eerste plig van 'n onbekende skrywer is om interessant te wees. Om vervelig te wees is die voorreg van reeds beroemde skrywers. ~ Emile Berr

Die gevaarlikste struikelblok vir 'n jong skrywer is nie sy eerste werk nie, maar sy tweede. ~ Fliegende Blatter

'n Goeie boek is een wat met groot verwagting oopgemaak en met groot wins toegemaak word. ~ Amos Bronson Alcott

'n Vrye pers kan goed of sleg wees, maar sonder persvryheid is die pers gewis niks anders as sleg nie. ~ Albert Camus

Iemand wat kritiseer sonder dat hy al self geproduseer het, is 'n oneerlike mens. ~ Jule Janin

Vryheid van die pers is nie 'n doel op sigself nie, maar 'n middel om 'n vrye gemeenskap daar te stel. ~ Felix Frankfurter

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: