Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Artikels

Skrywers is van nature nuuskierige wesens. Hulle hou van lees en wil graag ingelig bly oor alles wat met skryf te make het.

Dié afdeling is spesiaal vir diegene wat wil weet wat op die Afrikaanse skrywersfront gebeur. Ons probeer om die artikels so gereeld moontlik aan te vul en maak ook graag gebruik van gasskrywers en kenners op hul onderskeie gebiede.

LOL, K en OMG is nou régte woorde

Die Oxford English Dictionary (OED) sluit nou die terme “LOL” (“laugh out loud”), “OMG” (“oh my God”) en die K-teken in as regte woorde wat waardig is vir etimologiese opname. Lees verder ...

Vindingryke Afrikaans - vrolik onder verdrukking

Die gebruik om deur vervorming van iemand se naam of van 'n gebeurtenis sy aansien en status te verlaag, kom ook in die Suid-Afrikaanse geskiedenis voor. Dit was veral so wanneer die burgers regstreeks deur anneksasie geraak is. Rondom die anneksasie van die ZAR in 1877 en die daaropvolgende Vryheidsoorlog het heelwat van dié volksetimologieë ontstaan. Lees verder ...

Die oorsprong van Afrikaans

Hoe dit as spreektaal ontwikkel het en daarna deur begeesterde baanbrekers tot skryf- en leestaal verhef is. Lees die volledige artikel hier ...

Klinkklare klinkklanke: Beïndruk in druk met elektroniese hulp!

Foutlose skryfwerk in enige teks (insluitend e-posse, briewe, besigheidsdokumente en manuskripte) is om verskeie redes belangrik. Die grootste hiervan is seker die indruk wat hierdie dokumentasie skep van die skrywer daarvan en/of die besigheid wat dit verteenwoordig. Dit is egter nie altyd maklik om deurgaans flatervrye taalgebruik toe te pas nie. Lees verder ...

Die feit is...

Ek het onlangs op 'n gerespekteerde joernalis se blog afgekom, waarop sy 'n analis se toptien "tendense" vir 2010 gelys het. Nadat ek die betrokke inskrywing gelees het, was ek egter ietwat teleurgesteld – die “tendense” wat die analis vir 2010 voorspel het, was na my mening nie slegs in vele gevalle ou nuus nie, maar plek-plek nie eers oorspronklik nie. Lees verder ...

Werk vryskut

Jou besluit is geneem. Jy gaan bedank en op jou eentjie ’n vryskutloopbaan aanpak. Die verandering van ’n besige werkomgewing met mense en ’n miernes van bedrywigheid na ’n tuiskantoor kan ’n kultuurskok wees. As jy kan, gun jouself ’n paar maande om jou voor te berei; verkieslik terwyl jy nog ’n vaste werk het en ’n gereelde salaris kry.  Lees verder ...

Wanneer pleeg 'n skrywer plagiaat?

Plagiaat  (of letterdiewery) is die oorneem van idees en argumente uit `n ander skrywer se werk en dit as jou eie te laat deurgaan, met ander woorde, jy gebruik ‘n ander skrywer se woorde, maar jy gee hom of haar nie erkenning daarvoor nie.  Lees verder ...

Outeursreg verduidelik

Outeursreg (populêr ook bekend as kopiereg) is 'n vorm van Intellektuele Eiendom en verleen aan die outeursreghouer die reg om, vir 'n bepaalde tydperk, andere te verbied om skendende kopieë of reproduksies van sy geestesgoedere te vervaardig, om dit te publiseer, dit in die publiek op te voer en, in sommige gevalle, om dit uit te huur of te koop aan te bied. Lees verder ...

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: