Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Artikels

Skrywers is van nature nuuskierige wesens. Hulle hou van lees en wil graag ingelig bly oor alles wat met skryf te make het.

Dié afdeling is spesiaal vir diegene wat wil weet wat op die Afrikaanse skrywersfront gebeur. Ons probeer om die artikels so gereeld moontlik aan te vul en maak ook graag gebruik van gasskrywers en kenners op hul onderskeie gebiede.


LOL, K en OMG is nou régte woorde

2011-03-26

New York. – Die Oxford English Dictionary (OED) sluit nou die terme “LOL” (“laugh out loud”), “OMG” (“oh my God”) en die K-teken in as regte woorde wat waardig is vir etimologiese opname.

Dié “woorde” word hoofsaaklik geassosieer met die taal van elektroniese kommunikasie en is gewild onder veral kinders en jonger mense op sosiale netwerke soos Facebook, Twitter en MXit.

Die terme is vinniger om aanlyn te tik en help om meer te sê op platforms soos Twitter, waar daar ’n beperking is op die aantal karakters wat in een boodskap gebruik kan word.

Die OED neem kennis daarvan dat die terme in die gedrukte media – soos boeke vir tieners – voorkom en selfs in spreektaal gebruik word.

Die OED meen as iemand in die regte lewe sê hulle “LOL”, dui dit daarop dat hulle ’n “informele manier van uitdrukking” gebruik of dat hulle ’n ingeligte is wat op hoogte is van die vorme van uitdrukking wat aan die nuutste tegnologie verbonde is.

Hoewel die OED gevind het veral jonger mense gebruik dié terme, toon hul navorsing die term “OMG” is die eerste keer in 1917 in ’n persoonlike brief gebruik.

“LOL” dateer terug na 1960, maar het toe “little old lady” beteken.

Die K-teken sal volgens die OED ’n werkwoord wees.

- Bron: Huffington Post

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: