Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Artikels

Skrywers is van nature nuuskierige wesens. Hulle hou van lees en wil graag ingelig bly oor alles wat met skryf te make het.

Dié afdeling is spesiaal vir diegene wat wil weet wat op die Afrikaanse skrywersfront gebeur. Ons probeer om die artikels so gereeld moontlik aan te vul en maak ook graag gebruik van gasskrywers en kenners op hul onderskeie gebiede.


Klinkklare klinkklanke:

                            Beïndruk in druk met elektroniese hulp!

deur Moira Müller

Foutlose skryfwerk in enige teks (insluitend e-posse, briewe, besigheidsdokumente en manuskripte) is om verskeie redes belangrik. Die grootste hiervan is seker die indruk wat hierdie dokumentasie skep van die skrywer daarvan en/of die besigheid wat dit verteenwoordig. Dit is egter nie altyd maklik om deurgaans flatervrye taalgebruik toe te pas nie.

Speltoetsers en grammatikatoetsers is voorbeelde van elektroniese hulpmiddele wat rekenaargebruikers kan help met outomatiese spelkorreksie terwyl hulle tik, om sodoende spel- en taalfoute in skryfwerk te voorkom of uit te wys.

In die tydskrif Entrepreneur van Februarie 2010 identifiseer Martin Feinstein, direkteur van National Business LaunchPad , op bl. 69 die toptien foute wat in sakeplanne voorkom. Spelfoute het ook die lys gehaal: " 10. Spelling mistakes th at tell the reader that you are sloppy ".

Prof. Hans du Plessis is ? legende in Suid-Afrikaanse skrywerskringe (hy is onder andere die skrywer van die bekende " Griekwapsalms ") en is ook die direkteur van die NWU se ATKV-Skryfskool. Hy stel sy siening van die saak soos volg: "Mens stuur nie jou kind slordig partytjie toe nie – as jy omgee vir die arme bloedjie. Nou hoekom sal jy dan ? slordige manuskrip voorlê? Mens stuur jou woordkind net weg omdat jy daarop trots is. Dis jou taalkind en moet taalnetjies by die uitgeegeleentheid aankom. Jy hoef nie ? graad in linguistiek te hê nie. ? Voorvinger is genoeg. Daar is ? Afrikaanse Speltoetser en ? Grammatikatoetser. Hulle is tot jou elektroniese diens. Jy hoef nie jou trots vol gate in sy sintaktiese trui weg te stuur nie. Jou kind hoef nie die uitgewer te ontmoet met morfologiese aartappels in sy kouse nie. Sy hoef nie ? gesig vol vuil spelkolle te hê nie. Jou woordkind kan silwerskoon en uitgevat by die uitgewer aankom".

Prof. Wannie Carstens is (onder andere) die Direkteur van die Skool vir Tale by die NWU (Potchefstroomkampus), en dien ook as voorsitter op die Afrikaanse Taalraad. Carstens en prof. Kris van de Poel (Universiteit van Antwerpen, België) se boek oor Teksredaksie , bespreek die effek van foute op die geslaagdheid van skriftelike kommunikasie: "Opvallende foute kan die aandag van die teks aflei en as dit gebeur, het die skrywer en uitgewer reeds 'n deel van hulle legitimiteit verloor, asook die vertroue in hulle produk. Die teksredakteur wat gevolglik foute deurlaat, se vermoë kom vanselfsprekend ook onder verdenking".

Swak spelling skep ? onprofessionele indruk. Elektroniese hulpmiddele, soos Afrikaanse SkryfGoed 2008 (ontwikkel deur die NWU se CTexT), sal nooit menslike vermoëns vervang nie, maar kan waardevolle bystand bied om foute uit te wys en tyd te bespaar. Dit maak die klikklank van Suid-Afrikaanse tale op jou sleutelbord klinkklaar!

* Moira Müller is die kommunikasiebeampte by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) aan die Noordwes Universiteit se kampus in Potchefstroom.

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: