Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

OCC Live Chat Support

Kreatiewe Skryfkursusse

Die term kreatiewe skryfwerk word gebruik om sekere vorme van vindingryke of kunssinnige skryfwyses van ander algemene skryfwyses te onderskei. Die gebied van kreatiewe skryfwerk is wyd en sluit baie verskillende formate en skryfgenres in. Die mees algemene beskrywing is egter dat dit ‘n doelgerigte poging is om níé die verbeelding van die skrywer óf die leser te beperk nie. Dit verskaf dus aan die skrywer ‘n wyse om sy gevoelens, emosies en gedagtes op ‘n kunstige wyse in te span.

Vanselfsprekend is kreatiewe skryfwerk heeltemal verskillend van ander skryfvorme soos tegniese skryfwerk, wetenskapsartikels of nuusjoernalistiek. Maar as jy kreatiewe niefiksie, kortverhale, gedigte, essays of wetenskapsfiksie wil skryf, is hierdie die blad vir jou.

Basiese Poësiekursus

Om ‘n gedig te skryf beteken dat jy die wêreld in en om jou intens ervaar. ‘n Gedig kan oor enigiets wees – van liefde tot die geroeste hek op jou oupa se plaas. Poësie se hoofdoelwit is om aan jou, die digter, ‘n verhoog te verskaf om jou diepste gevoelens en gewaarwordinge met die wêreld te deel. Volledige besonderhede

Poësietegnieke wat jou gedigte laat sing

Jy is iemand wat graag gedigte skryf, maar wys hulle nie graag aan ander nie omdat jy nie seker is dat by hulle byval sal vind nie. Jy is 'n ontluikende digter wat graag meer oor die verskillende poësietegnieke wil leer sodat jy jou stapeltjie gedigte persklaar kan maak om aan 'n uitgewer voor te lê. Jy is 'n digter wat weet hoe om 'n treffer-gedig neer te pen, maar tog voel jy sal heelwat daarby baat om meer oor poësietegnieke te leer. Volledige besonderhede

Die ABC van Kortverhale

Kortverhaalbundels is deesdae van die beste verkopers op winkelrakke. Miskien het dit te make met die feit dat die lewe so gejaagd geword het ... mense verkies om korter stories te lees want daar is net nooit meer tyd om soos in die ou dae met 'n lekker dik roman te lê en ontspan nie. Dis die een kant van die storie. Die ander rede vir dié vinnige verkoopsyfers kan natuurlik wees omdat 'n kortverhaalbundel so 'n wye verskeidenheid karakters bevat wat die leser kan boei of ontstel. Jy, as skrywer, hoef jou nie aan enige rede vir die gewildheid van kortverhaalbundel te steur nie want met hierdie kursus is jy die persoon wat die mag het om 'n hele klomp karakters se lewenspaadjies vir hulle te bepaal. Volledige besonderhede

Vonkfiksie (kort kortverhaal)

Minder is meer en vonkfiksie is vinnige fiksie vir 'n vinnige wêreld. Dis fiksie vir skrywers wat nie woorde verspil of doekies omdraai nie. Dis kort, blitsig en tot die punt. Dis uitdagend en dis pret. As jy dus een van daardie skrywers is wat weet wat om soveel as moontlik met so min woorde moontlik te sê, én jy kan jou leser se belangstelling tot aan die einde van jou paar woorde geprikkel hou, is jy heel moontlik 'n vonkfiksieskrywer-in-wording. Volledige besonderhede

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: