Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Blogs bied kommentaar of nuus in werklike tyd oor 'n spesifieke onderwerp, soos diere, politiek, plaaslike nuus of sommer net jou eie gedagtes. Geen wonder dus dat baie blogs soos 'n persoonlike aanlyn-dagboek funksioneer nie. Die meerderheid dien egter as 'n virtuele voorportaal vir 'n sakebedryf.

Dikwels vind 'n doodgewone blog wat deur 'n doodgewone mens bedryf word, sy pad na 'n uitgewer toe - met skouspelagtige gevolge wanneer dié boek die winkelrakke tref.

'n Tipiese blog kombineer teks, beelde en skakels na ander blogs , webwerwe en media verwant aan die onderwerp. Die meeste blogs is hoofsaaklik teksgedrewe, hoewel heelwat deesdae as foto blogs bedryf word.

K ortliks kom dit daarop neer dat 'n blog deesdae 'n uiters gewilde kommunikasiemedium is wat maklik op die been gekry kan word. Dis ook eenvoudig om te onderhou. As jy dus teen hierdie tyd nog nie jou eie blog het nie, is dit hoog tyd dat jy een begin. Ons sal jou wys hoe.

Duur: 2 maande 

Modules: 4 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

  • Kies 'n onderwerp vir jou blog - waaroor wil jy skryf en waarom?

  • Begin jou blog

  • Hoe om vir die web te skryf

  • Struktuur van ‘n webartikel - formaat en uitleg

  • Hoe word bronne aangewend en erken?

  • SEO is só belangrik

  • Webplagiaat

  • Maak geld met jou blog

    Volledige studiepakket

    • O mvattende kursusnotas (60 bladsye)

    • 5 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • 'n Deurlopende praktiese internetoefening wat tot 'n funksionerende blog lei

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    Spesiale verslag: SEO-kulblad

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: