Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Praktiese kursus in Artikels skryf

As jy een van daardie mense is wat nie verby 'n nuusagentskap kan stap sonder om in te glip om 'n armvol tydskrifte te koop en dan skaars kan wag om by die huis te kom om die artikels te begn lees nie, dan is jy heel moontlik van die regte stoffasie gemaak om self artikels te skryf.

Maar, net om doodseker te maak ... lees jy elke artikel met 'n arendsoog? Weet jy dat daar minstens 'n honderd Afrikaanse publikasies is om voor artikels te skryf? Kyk jy na die naam van die artikelskrywer? Het jy voorkeure vir sommige skrywers se artikels? Het jy al opgelet dat verskillende tydskrifte verskillende style vir hulle artikels het? Voel jy jy beskik oor genoeg stof en idees om self artikels te kan skryf?

En laastens ... het jy 'n dringende begeerte om jou naam in druk te sien - in 'n byline ?

Indien jy bogenoemde eienskappe in jouself herken, is dit dalk tyd om jou rekenaar nader te trek en self te begin skryf.

Ons wys jou vinnig en deeglik alles wat jy moet weet om self tydskrifartikels te kan skryf - en sommer geld te verdien terwyl jy dit doen. Hierdie is jou kursus; die een waarvoor jy gewag het - algeheel prakties en met genoeg skryfoefeninge om jou skryftalent blitsig te ontgin en jou op die regte spoor te kry.

Duur: 3 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R3,000

Afbetalingsopsies

R1,500 X 2

R1,000 X 3

  • Inleiding tot artikels

  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit

  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan

  • Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding tot ‘n artikel te skryf

  • Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik

  • Verstaan die belangrikste grammatikale-, styl- en leestekenreëls

  • Weet watter aspekte ononderhandelbaar is vir jou middelstuk

  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik

  • Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding

    Volledige studiepakket

      Omvattende studienotas (80 bladsye)

      • 5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

      1 Vollengte persklaar artikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word.

      • Hulpdokumente, template, artikelformules- strukture

      • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

      • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

      Spesiale verslag: Artikelformules wat wérk

      Databasis: Tydskrifmarkte

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: