Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Van al die joernalistieke genres is Christelike joernalistiek die een wat die vinnigste groei - én sekerlik die enkele skryfvorm wat die meeste bevrediging gee. Hoe dan anders as jy weet jy is deel van die samelewing se morele kompas terwyl jy jou ander groot liefde - skryf - uitleef?

As jy wil deel word van hierdie spesiale gemeenskap wat daarop fokus om met hulle skryfwerk die wêreld 'n beter plek te probeer maak of die evangelie na ver uithoeke uit te dra, is hierdie die kursus vir jou.

Leef jou geloof saam met jou talent uit en reik deur middel van jou skryfwerk uit na jou medemens. Begin sommer vandag nog om jou - en ander mense se - lewe ingrypend te verander.

* Gewaarborgde kursus. Meer inligting hier .

Duur: 5 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R4,000

Afbetalingsopsies

R2,000 X 2

R1,333 X 3

R1,000 X 4

R800 X 5

  • Onderskei tussen Christelike en gewone joernalistiek

  • Weet wat jy nodig het om as Christelike tydskrifjoernalis te werk

  • Ontleed Christelike tydskrifte

  • Leer watter bestanddele onontbeerlik is vir 'n goeie Christelike artikel

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf

  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte

  • Vind meer uit rondom die opstelling en nakoming van kontrakte

  • Ken jou intellektuele regte

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit

  • Leer onderhoudvoeringstegnieke spesifiek van toepassing op die Christelike mark

  • Kry betroubare inligtingsbronne

  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding vir jou artikel te skryf

  • Verstaan en identifiseer die hoofbestanddele wat ‘n artikel “lyf” gee

  • Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer

  • Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik

  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik

  • Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding

  • Redigeer jou proefartikel volgens basiese riglyne

  • Vind uit hoe om jou artikels in ‘n professionele wyse aan te bied

  • Oorwin terugslae en skrywersblok

  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie

  • * NUUT: Webartikels

    Volledige studiepakket

      Omvattende studienotas (300 bladsye)

      • 15 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

      2 Vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word.

      • Hulpdokumente, template, artikelformules- strukture

      • Gereedheidstoets + Kontrolelys

      • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

      • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

      E-boek: SAV Taalhandboek

      • Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies

      Voorleggingsrekord

      • Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke   

      Gratis databasis: Afrikaanse artikelmarkte

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: