Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Tydskrifjoernalistiek is een van die interessantste beroepe wat daar is.

As jy op skool uitgeblink het in take doen, opstelle kon skryf of feitelike verslae saamgestel het wat jou onderwysers na hul asems laat snak het, is jy van die regte stoffasie om 'n tydskrifjoernalis te word.

Met 'n Afrikaanse mark wat uit meer as 'n honderd tydskrifte bestaan, hoef jy nooit sonder werk te sit nie. As jy nie geld met tydskrifjoernalistiek kan verdien nie, is dit net jou eie dryfkrag wat jou terughou.

Skryf dus sommer vandag nog in as jy die wêreld wil verken, jou horisonne wil verbreed, buitengewone mense wil ontmoet of toegang tot aktiwiteite en gebeure wil verkry wat net vir tydskrifjoernaliste beskore is. En skryf sonder verwyl in as jy jou eie besigheid as tydskrifskrywer wil bedryf.

Daar wag 'n hele nuwe wêreld vir jou binne die raamwerk van tydskrifjoernalistiek - en dit terwyl jy die grondslag vir jou eie vryskutbesigheid lê.

* Gewaarborgde kursus. Meer inligting hier .

Duur: 5 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R4,500

Afbetalingsopsies

R2,250 X 2

R1,500 X 3

R1,125 X 4

R900 X 5

  • Waarom verskil tydskrifjoernalistiek van ander genres?

  • Leer hoe om tydskrifartikels volledig te ontleed

  • Vind meer uit omtrent die tydskrifbedryf self

  • Leer waar en hoe om trefferidees te vind

  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf

  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte

  • Vind meer uit rondom kontrakte

  • Ken jou intellektuele regte

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit

  • Leer onderhoudvoeringstegnieke

  • Kry betroubare inligtingsbronne

  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding tot ‘n artikel te skryf

  • Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer

  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed

  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik

  • Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding

  • Vind uit hoe om jou artikels op ‘n professionele wyse aan te bied

  • Oorwin terugslae en skrywersblok

  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie

  • * NUUT: Webartikels

    Volledige studiepakket

      Omvattende studienotas (300 bladsye)

      • 15 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

      2 Vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word.

      • Hulpdokumente, template, artikelformules- strukture

      • Gereedheidstoets + Kontrolelys

      • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

      • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

      Gratis databasis: Afrikaanse artikelmarkte

      Voorleggingsrekord

      • Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies

      E-boek: SAV Taalhandboek

      • Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke   

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: