Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Ontdek die lonende bedryf van Korporatiewe joernalistiek

Korporatiewe joernalistiek kan beskryf word as enige soort skryfwerk wat nie fiksie of poësie is nie en wat ook nie die breë algemene publiek se belangstelling sal lok nie. Korporatiewe joernalistiek is dus die ingeligte samestelling van spesialisartikels met behulp van navorsing en medewerking van vakkundiges oor gegewe onderwerpe. Dis die amptelike definisie.

Ons reken egter dat ... as jy die tipe skrywer is wat nie bang is om ‘n berg navorsing vir ‘n enkele artikel te doen nie, hierdie die kursus vir jou is.

Of, as jy passievol is oor jou vakgebied en graag daaroor wil skryf, of nie vreeslik gepla is daaroor om die tydskrif waarvoor jy skryf op die hoekwinkel se rakke te sien nie, is jy ook die ideale korporatiewe joernalis.

Maar, belangrikste van alles is dat hierdie beslis die kursus vir jou is as jy die tipe skrywer is wat oor enige onderwerp onder die son wil skryf.

Duur: 2 maande 

Modules: 4 modules

Kursusfooi: R1,400

Afbetalingsopsies

R700 X 2

  • Wat is ’n korporatiewe publikasie?

  • Wat is die voordele daaraan om vir korporatiewe publikasies te skryf?

  • Moet ek ’n kenner wees op die spesifieke gebied waaroor ek skryf?

  • Waar pas advertensie-artikels in die prentjie?

  • Hoe vind ek uit watter korporatiewe publikasies bestaan?

  • Navorsingsmetodes en -wenke

  • Hoe kry ek my werk in die gedrukte media gepubliseer?

  • Hoe maak ek seker daar het geen foute in my artikel ingesluip nie?

  • Is dit lonend om vir korporatiewe publikasies te skryf?

  • Wenke wat werk

    Volledige studiepakket

    • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

    • 4 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

    • 1 Vollengte persklaar-artikel wat gereed is om verkoop te word

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    Gratis databasis: Korporatiewe publikasies

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: