Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryf 'n Nuusprofiel

"Onder vier oë". "In die warm sitplek." "Vrae en antwoorde-tyd."

Dís die tipe in diepte profielartikels wat die aandag trek omdat hulle baie meer omtrent iemand in die nuus vertel.

Nuusprofiele is ook dié profielartikels wat indringende vrae aan die nuusmaker stel, vrae wat nooit voorheen gevra is nie en vrae wat die leser 'n beter insig in die lewe, persoonlikheid en motiverings van die nuusmaker gee.

Die wêreld kán nie sonder nuusmakers bestaan nie. Hulle is immers die mense wat aan ons lewe én wêreld gestalte gee. Toegegee, sommige nuusmakers ontvang weliswaar baie negatiewe aandag, maar die meerderheid nuusmakers is positiewe rolmodelle vir Jan en Alleman met 'n unieke storie wat vertel móét word.

As jy dus die tipe leser is wat heel eerste deur tydskrifte en koerante na die profielartikels blaai voordat jy enigiets anders in die publikasie bekyk, is jy 'n goeie kandidaat vir hierdie kursus. En wie weet ... miskien lei een van jou nuusartikels tot 'n volwaardige biografie.

Duur: 2 maande 

Modules: 4 modules

Kursusfooi: R1,400

Afbetalingsopsies

R700 X 2

  • Wat is 'n nuusprofiel?

  • Verstaan die verskil tussen 'n nuusprofiel en 'n sterprofiel

  • Wat maak iemand nuuswaardig genoeg vir 'n nuusprofiel?

  • Hoe kontak jy 'n onderwerp vir 'n nuusprofiel?

  • Beplan en werk die struktuur van jou nuusprofiel uit

  • Leer onderhoudvoeringstegnieke

  • Kry betroubare inligtingsbronne

  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou nuusprofiel te beplan

  • Beplan jou vrae

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding vir jou nuusprofiel te skryf

  • Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings

  • Bied jou nuusprofiel op 'n professionele wyse aan

  • Ontdek die Proust-onderhoud

    Volledige studiepakket

    • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

    • 4 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

    • 1 Vollengte persklaar-nuusprofiel wat gereed is om verkoop te word

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    Gratis databasis: Kontaktedatabasis

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: