Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Vir enige tydskrifjoernalis wat pas die vryskutmark betree, is hierdie kursus baie waardevol omdat dit nie net as 'n opknappingskursus sal dien nie, maar jou die regte rigting op jou vryskutpad sal aandui.

Hierdie kursus is veral vir jou as jy reeds ons algemene Tydskrifjoernalistieke  kursus suksesvol voltooi en dit baie geniet het. Dit is beslis raadsaam om dié opvolgkursus te doen aangesien dit jou die fynere puntjies van tydskrifjoernalistiek sal leer en ná afloop van dié kursus sal jy oor 'n stewige artikelportfolio beskik om jou vryskutloopbaan mee af te skop.

Duur: 3 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R2,000

Afbetalingsopsies

R1,000 X 2

R667 X 3

  • Gevorderde skryfstyl

  • Vind en ontwikkel jou eie skryfstyl

  • Werk volgens gegewe opdragte

  • Moets en moenies van die bedryf

  • Samevatting van bedryf

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (80 bladsye)

  • 3 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 3 Vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van voltooiing van die kursus aan tydskrifmarkte voorgelê kan word

  • 3 Navraagbriewe

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

  • Databasis: 101 Afrikaanse skryfmarkte

  • Databasis: Navorsingsdatabasis

  • Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: