Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Dié 4-in-1 joernalistieke kursus is 'n beslissende joernalistieke skryfkursus wat nommerpas is vir diegene wat onmiddellik na suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg - verkieslik vryskut.

Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die moeilike, maar lonende en bevredigende wêreld van vryskutjoernalistiek.

Ons leer jou feitlik ALLES - 'n deeglike kursus in koerantjoernalistiek , gevolg deur 'n algemene kursus in tydskrifjoernalistiek , daarna 'n gevorderde tydskrifjoernalistieke kursus en afgerond met een van die spesialiteitskursus se hieronder gelys (met ander woorde: ons bied jou 4 volledige kursusse in 1 ).

Kortliks kom dit daarop neer dat jy - met die kennis, oefening en vernuf wat jy deur dié kursus sal opdoen - in staat behoort te wees om ná voltooiing daarvan dadelik jou eie vryskutbesigheid te kan begin.

So, as jy droom van 'n besigheid waar jy jou eie baas kan wees en jou eie reëls kan maak en as jy op spertye floreer  ... skryf in! Maar wees gewaarsku: hierdie is 'n intensiewe adrenaliengedrewe kursus met kort spertye.

Duur: 8 maande 

Modules: minstens 30 modules *

Kursusfooi: R8,000

Afbetalingsopsies

R4,000

X 2

R2,666

X 3

R2,000

X 4

R1,600

X 5

R1,333

X 6

R1,143

X 7

* Afhangende van die spesialiskursus wat gekies word

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: