Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Volledige kursus in Fotojoernalistiek

Ons leer jou bykans álles omtrent artikels skryf en foto's neem - en ook sommer hoe jy jou werk kan verkoop.

Fotojoernalistiek is een van joernalistiek se mees veelsydige genres. Aan die een kant is jy 'n skrywer terwyl jy sommer terselfdertyd fotograaf ook is. Dit beteken dat jy nooit sonder werk hoef te sit nie omdat daar nooit - selfs in hierdie digitale eeu - 'n afname in die aanvraag na stories en foto's sal wees nie. Bemeester hierdie fotojoernalistieke kursus en jy het lewenslank werk.

Nadat jy dié kursus suksesvol voltooi het, behoort jy in staat te wees om 'n lonende fotojoernalistieke loopbaan te kan volg - hetsy voltyds of, as jy nog nie dapper genoeg is om jou salariskoevertjie vaarwel toe te roep nie, as vryskut. Punt is net: skryf in vir hierdie kursus en jy ontwaak as 'n volwaardige fotojoernalis aan die einde daarvan.

So of jy nou fotojoernalistiek as 'n stokperdjie of 'n beroep wil beoefen: ons leer jou ALLES wat nodig is om jou deurbraak in die mark te maak. Maar hou net in gedagte: hierdie is 'n intensiewe kursus met 'n hoë werklading. Jy sal dus minstens elke week tyd daaraan moet bestee.

Duur: 5 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 x 2

R1,667 x 3

R1,250 x 4

R1,000 x 5

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: