Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Dié tweeledige kursus is nommerpas vir diegene wat 'n vryskutloopbaan in tydskrifjoernalistiek wil volg.

Hierdie kursus sal jou bykans álles leer wat jy moet weet om artikels vir tydskrifte te kan skryf - en te verkoop.

Min dinge is so bevredigend soos om jou naam in druk te sien by 'n artikel wat jy met bloedsweet nagevors en geskryf het - en dan word jy boonop nog daarvoor betaal ook! Wat kan nou lekkerder wees?

Ons leer jou feitlik ALLES van tydskrifjoernalistiek. Na voltooiing van dié kursus sal jy in staat wees om op jou eie artikels vir bykans enige publikasies van jou keuse te skryf. En geld daarmee te verdien.

Duur: 6 maande 

Modules: 13 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 X 2

R1,667 X 3

R1,250 X 4

R1,000 X 5

R835 X 6

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: