Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Ons Sakeskryfgeheimekursus is ontwerp vir enigeen wat op 'n gereelde basis dokumente vir die sakewêreld moet skryf of voorberei - maak nie saak of jy 'n ervare skrywer is of 'n nuweling nie.

Om sakedokumente te skryf verg 'n hele ander benadering as om fiksie of joernalistiek te skryf. Daar is 'n ander tipe beplanning en die taalgebruik verskil in sommige gevalle sommer baie. Waar anders kan jy 'n dokument in Afrikaans of Engels kry wat jy glad nie kan verstaan nie?

Ons help jou om jou skryfwerk te slyp en die regte formaat vir al jou dokumente aan te leer. Deel van die kursuspakket is juis om template te verskaf wat jou lewe aansienlik makliker - en jou werk minder en vinniger - sal maak. Hierdie kursus is dus vir enigiemand in die korporatiewe wêreld wie se skryfwerk 'n groot gedeelte van die dag uitmaak. Sekretaresses, klerke, bestuurders, grootbase ... almal kan baat vind by dié kursus.

Duur: 4 weke 

Modules: 4 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

  • Die sakebrief

  • Hoe om 'n suksesvolle sakeplan op te stel

  • Memo's

  • Die kuns van oorredende sakekommunikasie

  • E-poskommunikasie

  • Hoe om 'n goeie verkoopsbrief te skryf

  • Skryf van verslae

  • Proeflees- en redigering

  • Engels tweede taal

  • Tydbestuur in die sakewêreld

  • Skryfwenke

    Volledige studiepakket

    • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

    • 5 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

    • Skrifriglyne

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    • ' n Verskeidenheid template wat aangepas kan word

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: