Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Vonkfiksie ontlont

Vonkfiksie (kort kortverhaal) is die nuutste skryfgenre wat vinnig besig is om die wêreld te verower. En met weeklikse kompetisies om skrywers geïnteresseerd en gemotiveerd te hou is bykans elke tydskrif deesdae deel van die "vonkfiksie"-beweging.

Dis vinnige fiksie vir ons vinnige wêreld. Dis fiksie vir skrywers wat nie woorde verspil of doekies omdraai nie. Dis kort, blitsig en tot die punt. Dis uitdagend en dis pret.

As jy dus een van daardie skrywers is wat weet wat om met so min woorde moontlik te sê, én jy kan jou leser se belangstelling tot aan die einde van jou paar woorde geprikkel hou, is jy heel moontlik 'n vonkfiksieskrywer-in-wording.

As jy boonop van skryfkompetisies hou, moet jy sommer dadelik inskryf. Jy kan met 300 woorde begin, afwentel na 150 woorde en jou skryfwerk tot so 'n mate slyp dat jy uiteindelik slegs 55 woorde benodig om 'n hele verhaal in te vertel. Dan, nè, is jy wraggies 'n skrywer van formaat!

Duur: 2 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,000

Afbetalingsopsies

R500 X 2

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: