Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Hierdie kursus is nommerpas vir jou as jy ...

  • nie seker is in watter genre jy die lekkerste skryf of wíl skryf nie;

  • graag jou skryfvermoëns op verskeie terreine wil slyp;

  • reeds gedigte, stories, essays of artikels skryf, blog of 'n joernaal byhou;

  • sukkel om jou skryfpogings te voltooi;

  • 'n gebrek aan selfvertroue ervaar wat jou verhinder om jou stories aan 'n uitgewer of publikasie te stuur;

  • oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer is, maar die regte leiding benodig; of

  • sommer net vir die lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel.

Die kursus is volgepak met lekkerte. Hoewel ons jou steeds die fynere kunsies in elke genre wys, lê die klem beslis daarop om jou skryfvermoë te slyp met BAIE praktiese skryfoefeninge. Hierdie is dus 'n kursus waarin jy van begin tot einde JOU stories sal skryf - met voldoende leiding van jou opleiers.

Kyk dus na onderstaande inligting en besluit waarvoor jy lus is of kans sien. Maar laat ons net aan die gang kom met jou skryfwerk!

Onthou ... die eerste hekkie is altyd die moeilikste om te oorkom, maar as jy eers daaroor is, is daar niks wat jou kan keer behalwe jyself nie. Voltooi hierdie kursus en die pad na jou skrywersloopbaan lê oop voor jou.

Duur: 5 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R4,500

Afbetalingsopsies

R2,250 X 2

R1,500 X 3

R1,125 X 4

R900 X 5

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: