Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

OCC Live Chat Support

Niefiksie Skryfkursusse

Vir diegene wat nie lus voel om slegs op hul verbeelding en mens ekennis van die fiktiewe skryfwêreld staat te maak nie, is daar 'n magdom maniere om die hand aan papier te waag en 'n niefiksie-meesterstuk neer te pen. So, as jy dus daarvan gehou het om op skool take te doen, of jy is iemand wat eerder 'n feitelike boek as 'n storieboek lees, wag jou kursus dalk op hierdie blad. Met die regte kennis, aanmoediging en skryfwenke is jou niefiksieboek dalk die volgende moet-hê -boek.

Skryf 'n Niefiksieboek

Voel jy jou lewe is 'n boek werd? Het jy al probeer om jou lewensverhaal of jou familiegeskiedenis neer te skryf, maar kon dit nie regkry nie? Of is jy net baie lief daarvoor om met feite te werk en loop al lankal met 'n idee vir 'n unieke feiteboek in jou kop rond? Wat ookal jou skryfbehoefte, die eerste stap is om te erken dis nie onmoontlik om 'n boek te skryf nie - en hierdie kursus is ideaal om jou stap-vir-stap deur die prosesse te lei. Volledige kursusbesonderhede

Skryf 'n Biografie

Jy lees selde, indien ooit, fiksie. Jou leesbehoeftes word slegs gestil deur niefiksie, maar veral biografieë van bekende mense. Terwyl jy 'n biografie lees kan jy nie help om te wonder hoe so 'n boek geskryf word nie. Hoeveel navorsing verg dit? Hoeveel onderhoude het die skrywer gevoer? Hoe het hy sy onderwerp benader en toestemming gekry om die persoon se lewensverhaal te skryf? Volledige kursusbesonderhede

Skryf jou Memoirs

Spookskryf 'n boek

Ander Niefiksie-skryfkursusse

Algemene Joernalistieke kursusse

Gespesialiseerde / Gevorderde Joernalistieke kursusse

Korporatiewe skryfkursusse

Akademiese skryfkursusse

Omvattende Joernalistieke kursusse

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: