Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Niefiksie Skryfkursusse

Vir diegene wat nie lus voel om slegs op hul verbeelding en mensekennis van die fiktiewe skryfwêreld staat te maak nie, is daar 'n magdom maniere om die hand aan papier te waag en 'n niefiksie-meesterstuk neer te pen. So, as jy dus daarvan gehou het om op skool take te doen, of jy is iemand wat eerder 'n feitelike boek as 'n storieboek lees, wag jou kursus dalk op hierdie blad. Met die regte kennis, aanmoediging en skryfwenke is jou niefiksieboek dalk die volgende moet-hê -boek.

Skryf 'n Niefiksieboek

Voel jy jou lewe is 'n boek werd? Het jy al probeer om jou lewensverhaal of jou familiegeskiedenis neer te skryf, maar kon dit nie regkry nie? Of is jy net baie lief daarvoor om met feite te werk en loop al lankal met 'n idee vir 'n unieke feiteboek in jou kop rond? Wat ookal jou skryfbehoefte, die eerste stap is om te erken dis nie onmoontlik om 'n boek te skryf nie - en hierdie kursus is ideaal om jou stap-vir-stap deur die prosesse te lei. Volledige kursusbesonderhede

Skryf 'n Biografie

Jy lees selde, indien ooit, fiksie. Jou leesbehoeftes word slegs gestil deur niefiksie, maar veral biografieë van bekende mense. Terwyl jy 'n biografie lees kan jy nie help om te wonder hoe so 'n boek geskryf word nie. Hoeveel navorsing verg dit? Hoeveel onderhoude het die skrywer gevoer? Hoe het hy sy onderwerp benader en toestemming gekry om die persoon se lewensverhaal te skryf? Volledige kursusbesonderhede

Skryf  jou eie kookboek

Daar is tans ‘n groot herlewing op die gebied van genealogiese (familiegeskiedenis) navorsing. Meer mense as ooit voorheen vra wie hul ouers en voorouers was en maak werk daarvan om te probeer uitvind. Dis nogal nie verbasend nie omdat die “global village”-konsep nou eenmaal probeer om ‘n homogene groep tot stand te bring waarin ons almal min of meer dieselfde norme behoort te hê en dieselfde behoort te dink - en dalk almal familie kan wees. Volledige besonderhede

Skryf  'n "Hoe Om Te"-boek

Ander Niefiksie-skryfkursusse

Joernalistiek

Korporatiewe skryfkursusse

Akademiese skryfkursusse

Kursusse vir ontspanning

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: