Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryf jou eie KOOKBOEK

Vra vriende of familie jou gereeld vir afskrifte van jou resepte of stel selfs voor dat jy jou resepte in ‘n kookboek publiseer?

Dalk kry jy aanhoudend versoeke van jou bloglesers om ‘n eenvoudige resepteboek saam te stel sodat almal in jou kookkunsvaardighede kan deel? Miskien het jy net lus om jou staatmaker-familieresepte in ‘n kookboek vir jou kinders en kleinkinders te verewig? Of anders wil jy dalk ander mense inspireer deur ‘n eksklusiewe kookkunsstyl, ‘n spesifieke gebak of ‘n nuwe bestanddeel waarvoor jy ‘n passie ontwikkel het?

Kortom, as jy ‘n passie vir bak en brou het, kan jy jou eie kookboek skryf én publiseer. Dis net so maklik soos om ‘n eier te skei!

Duur: 6 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R3,000

Afbetalingsopsies

R1,500 X 2

R1,000 X 3

R750X 4

R600 X 5

• Kies jou genre: tradisioneel, familieresepte, gespesialiseerd

• Bestanddele vir ‘n kookboek wat kóók

• Vir wie skryf jy die kookboek?

• Hoe om ‘n resep soos ‘n professionele sjef te skryf

• Foto’s, illustrasies en stilering

• Selfredigering

• Kopieregkwessies en bronne

• Kookboeketiek

• Berei die manuskrip voor

• Publikasiemoontlikhede en –wenke

    Volledige studiepakket

    • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

    • Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare kookboekmanuskrip te kan voorlê

    • 1 manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

    • Hulpdokumente, template

  • Manuskripbeoordeling van volledige manuskrip

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

  • • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

    • Databasis: Afrikaanse kookboekuitgewers

      Spesiale verslag: Hoe om jou boek te bemark

      Skedules en template vir die boek en resepte

      Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: