Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

E-boeke

Elektroniese boeke (e-boeke) is besig om wêreldwyd die lee sstof van die toekoms te word - en die nuwe gonswoord in die boekebedryf.

Suid-Afrika is geen uitsondering wanneer dit by dié fenomeen kom nie, want boeke wat deur middel van die internet gekoop, afgelaai en gelees kan word, is vinnig besig om hier ook veld te wen.

Ons is dus besig om deel hiervan te raak deur e-boeke beskikbaar te stel wat spesifiek van toepassing op Afrikaanse vryskutskrywers is, asook om skrywers by te staan met hul manuskripte en om op die internet te publiseer.

Hou dié blad gerus dop ... nuwe toevoegings gaan gereeld hul weg hierheen vind.

Die e-boeke word in PDF-formaat verskaf wat met behulp van Adobe Acrobat gelees kan word.

  • Laai Adobe Acrobat Reader gratis hier af.

  • Laai Adobe Digital Editions gratis hier af.

Beskikbare e-boeke:

Bewerkstellig jou eie bemarking - meestal GRATIS

'n Generiese bemarkingsplan wat op enige klein besigheid toegepas kan word. Ons verklap al die geheime van bemarking en fokus veral op die gratis aspek daarvan. Noodsaaklik vir enige vryskut wat sy besigheid wil uitbrei of iets nuuts in die mark wil waag. Boek bevat ook verskeie template.

(14 bladsye, PDF-formaat, 900kb)

Prys: R150

Jou vryskutbesigheid

Alles wat jy moet weet om jou eie vryskutbesigheid te bedryf - van jou tuiskantoor tot jou finansies en hoe om werk in te kry. 'n Móét vir diegene wat nuwelinge in die vryskutbedryf is. Bevat ook template.

(25 bladsye, PDF-formaat, 800kb)

Prys: R160


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: