Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

Skryfdienste

Vanselfprekend is skryfwerk SA Vryskutskrywer se grootste bestaansreg. Nie alleen voorsien ons heel moontlik die mees uitgebreide verskeidenheid skryfkursusse en -hulpmiddels aan Afrikaanse skrywers nie, maar ons bied ook skryfdienste aan wat in enige behoefte sal voorsien.

Boonop kan ons spog met 'n groeiende netwerk professionele vryskutskrywers wat met hul kreatiewe talente en vermoëns maklik die hele wêreld onder die tafel sal kan inskryf.

Wat ons bied:

Navorsing vir jou skryfwerk - vanaf R115 per uur, afhangende van die spertyd en ingewikkeldheid.

Skryf van Tydskrifartikels - enige onderwerp of joernalistieke genre, vanaf R1.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, dringendheid van die sperdatum, ens.

Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R245 per toespraak,  afhangende van die tydsduur, hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Skryf van Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R1.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.

Skryf van Verslae - vanaf R80 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die verslag.

Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en onderhoude in.

Nuusbriewe - samestelling volgens kliënt se voorskrif - R245 per uur vir eenmalige projekte; R115 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Om nuusbriewe te versprei, kontak ons .

Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R245 per nuusvrystelling - sluit verspreiding in.

Skryf en opstel van Sakeplanne - vanaf R280, afhangende van die omvang van die sakeplan.

Saamstel van Gedenkboeke - vanaf R100 per bladsy.

Konsultasiedienste - R245 per uur.

Skryf van Webartikels of Blogs - R500 per artikel, navorsing ingesluit.

Nuusverslaggewing - R350 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in.

Skakel- en promosiewerk vir besighede, dienste of produkte - R195 per uur, sluit die hele pakket in - vanaf konseptualisering en skryf van persvrystelling tot verspreiding daarvan aan relevante instansies.

Het ons iets uitgelaat? Kontak ons indien die skryfdiens wat jý benodig dalk nie hier aangedui word nie.

'n Administrasiefooi van 10% word op alle finale bedrae gehef.

Fooie is vooruit betaalbaar sodat 'n skrywer bespreek kan word.

Geen twee werke is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.

Ons bied verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.

Vertel 'n vriend hiervan:

Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: