Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

Toesprake

Uiteraard beslaan mondelinge kommunikasie die grootste gedeelte van jou gewone dag. As jy immers nie waffers kan kommunikeer nie gaan jy beslis sukkel om jou boodskap oorgedra te kry - en die oorgrote meerderheid mense is goed toegerus om die daaglikse mondelinge kommunikasie baas te raak.

Maar soms is daar geleenthede waar jy dalk 'n bietjie hulp benodig, soos wanneer jy 'n formele - of selfs informele - toespraak moet lewer. Net die gedagte daaraan om voor 'n groep mense te staan en 'n praatjie te lewer is gewoonlik genoeg om die meeste sprekers in 'n koue angssweet te laat uitslaan. En des te meer as jy nie regtig weet hoe om jou toespraak voor te berei nie.

Hierdie blad is nou noodknoppie om in sulke tye te druk. SA Vryskutskrywer se groeiende span toespraakskrywers staan reg om 'n nommerpas-toespraak volgens jóú spesifikasies, behoeftes en vereistes te skryf. Jy verskaf die tema of onderwerp, die verlangde tydsduur, tipe toespraak - en ons doen die res. Al wat dan oorbly is dat jy die toespraak moet bestudeer.

Watter toesprake kan deur SA Vryskutskrywer verskaf word?

Generiese toesprake: Hierdie toesprake is gewoonlik taamlik generies en kan deur die spreker aangepas word soos wat hy/sy goed dink.

Strooijonker-toesprake: Ons verskaf die basis vir 'n strooijonker-toespraak en die spreker kan byvoeg of weglaat soos wat hy wil.

Redenaars- en debatstoesprake: Elke skooljaar bring nuwe uitdagings en een van dié uitdagings wat sommer vroeg in 'n nuwe skooljaar reeds 'n aanvang neem, is redenaarstoesprake. Vanaf Januarie skarrel ouers én kinders gewoonlik rond om 'n 4-minute lange toespraak voor te berei wat die beoordeelaars sal beïndruk. In SA Vryskutskrywer se kort bestaan het ons al 'n goeie reputasie op dié gebied opgebou en verskeie ouers laat weet dat hul kinders pryse met ons toesprake gewen het.

Toastmasters-toesprake: Vir diegene wat debatvoering ernstig opneem en graaghulp wil hê met die skryf van 'n belangrike toespraak. 'n Gekwalifiseerde Toastmaster sal aan jou toespraak werk.

Pasgemaakte toesprake: Enige ander toespraak wat volgens voorskrif of onderwerp geskryf moet word. Jy verskaf die inligting en alle besonderhede en ons skrywers stel 'n toespraak daarvolgens op. So maklik soos dit.

'n Administrasiefooi van 10% word op alle fooie gehef.

Gebruik onderstaande fasiliteit om jou toespraak te bestel. Maak seker dat jy volledige besonderhede verskaf. Ons toespraakskrywers kan nie 'n toespraak volgens voorskrif skryf as hulle nie weet presies vir wie dit is en wat die vereistes is nie. Hoe meer inligting jy verskaf, hoe beter gaan die toespraak by jou behoeftes pas.

Vertel 'n vriend hiervan:

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: