Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

 Bedryfsnuus

Redakteurs en tydskifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik. Ons probeer dus om die bedryfsnuus-inligting so dikwels moontlik by te werk om jou deurentyd ingelig te hou.


NetNuus bring vinnige, akkurate nuus

“NetNuus is ’n gebruikersvriendelike nuus-app wat die jongste inligting in ’n kits aan lesers bied en hulle ook die geleentheid gee om saam met ander oor die nuus te gesels,” sê MJ Lourens, produkredakteur van NetNuus.

Die inhoud van NetNuus word saamgestel deur ’n span wat jare se ondervinding in die joernalistiek het.

Die app het ’n eenvoudige rolnavigasie met die jongste nuushoogtepunte en sluit foto’s en video’s in.

Gebruikers kan ook kennisgewings kry wat hulle outomaties op die hoogte van groot nuusgebeure hou.

Verbruikers wat aanmeld met hul Facebook-rekening kan ook hul sê sê en kommentaar op artikels lewer.

“Nie almal stel belang in ’n lang ontleding van die Guptas se doen en late nie, maar hulle wil wel weet dat die Guptas terug is in Suid-Afrika. Net so is daar lesers wat nie noodwendig wil weet hoe ver ’n Springbokrugbyspeler in ’n wedstryd gehardloop het nie, maar wel wil weet wie gewen het,” sê Lourens.

“Hierdie app is volmaak vir dié gebruikers wat hul nuus in verteerbare brokkies afgelewer wil hê – vinnig en akkuraat,” sê Lourens.

“Daarby gee dit aan adverteerders toegang tot Afrikaanssprekende nuusslawe – mense wat aktief belangstel in die jongste inligting wat nuus, sport en sake betref.”

NetNuus is gratis beskikbaar vir Android- en Apple-fone in onderskeidelik die Google Play- en iTunes-appwinkel.

Bron: Netwerk24.com


Vertel 'n vriend hiervan:


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig. Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: