Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

 Bedryfsnuus

Redakteurs en tydskifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik. Ons probeer dus om die bedryfsnuus-inligting so dikwels moontlik by te werk om jou deurentyd ingelig te hou.

Klik net op die skakel om na die volledige berig of persverklaring herlei te word, indien van toepassing.


20/10/2017: Standard Bank Sikuvile Joernalistieke toekennings 2017-wenners:   have been announced, Investigative Journalism category winner,  Suzanne Venter  from  Rapport  winning the SA Story of the Year for  Life Esidimeni  and  City Press' Sipho Masondo  crowned Journalist of the Year. Masondo was also a finalist in the Investigative Journalism category for  Watergate . Volledige berig hier.

16/10/2017: Alles op een plek: Netwerk24, reeds die digitale tuiste van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport, is voortaan ook die bymekaarkomplek van die voorste Afrikaanse tydskrifte. Netwerk24 se redakteur, Henriëtte Loubser, vertel meer .

16/10/2017: Met lees, kyk en luister hou Afrikaanssprekendes die media-waens op koers: As dit kom by mediaverbruik, is Afrikaanssprekendes in die voorste gestoeltes onder die land se bevolking. Hul inligtingsdieet is die tweede hoogste onder alle taalgroepe vir nuus en stories in koerante en tydskrifte, en die derde grootste onder televisie-kykers en radio-luisteraars. En kom dit by ‘n aandjie uit, kan min dinge vir hulle kers vashou by ‘n lekker fliek. Volledige inligting hier.

13/10/2017: New Media wen goud met VISI in New York

09/10/2017: Caxton en SPARK Media gebruik die krag van plaaslike koerante

05/10/2017: Media 24 toets eerste gratis plaaslike koerant, Mid-Karoo Express.

04/10/2017: Tip Africa Publishing wen vyf trofeë vir uitnemendheid in korporatiewe joernalistiek

03/10/2017: 2017 Standard Bank Sikuvile Joernalistiek-toekennings: Daar was vanjaar 328 inskrywings van 31 uitgewers en 145 joernaliste, wat 'n toename in die aantal inskrywings van uitgewers was. Volledige storie.

01/10/2017: Persklub wys nie vanjaar "Nuusmaker" aan: Die Nasionale Persklub in Pretoria gaan vanjaar, vir die eerste keer in vier dekades, nie 'n 'nuusmaker van die jaar' bekend maak nie. ’n Universiteit wat die toekenningsgeleentheid sou borg, het slo sy borgskap op kort kennisgewing onttrek.

28/09/2017: PEN Afrikaans AJV 2017: Terugvoer oor Kopiereg-wysigingswetsontwerp: Suid-Afrika se Wet op Outeursreg van 1978 is verouderd en maak byvoorbeeld glad nie voorsiening vir ontwikkelinge soos die Internet wat sedert die skryf van daardie wet ontstaan het nie. Dit was dus nodig om die wetgewing te verander om onder meer tred te hou met tegnologiese veranderinge. Lees volledige verklaring hier.

Huffington Post nou plaaslik ook

NetNuus bring vinnige, akkurate nuus

Afrikaanse boekmark groei sterk


Vertel 'n vriend hiervan:


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig. Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: