Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

Boekrak

Hierdie gedeelte is spesiaal vir Afrikaanse boekwurms met vars nuus oor skrywers, digters en boeke.


Nuwe Afrikaanse wetenskapsfiksie- en fantasieboeke

Die Afrikaanse wetenskapsfiksie- en fantasie is lewendig en aan die kook. Kyk hier na vier van die nuutste boeke uit die stal van Thompson Boekdrukkery. Lees verder ...

Onregmatige handel in e-boeke is 'n misdaad

Mense wat skuldig bevind word aan die onregmatige handel in e-boeke, kan ’n boete van R5 000 of drie jaar tronkstraf vir dié misdaad opgelê word, sê André Myburgh, ’n regsgeleerde wat in kopiereg in die uitgewersbedryf spesialiseer. Lees verder ...

Herna de Villiers oorlede op 94

Die Afrikaanse liefdesverhaalskrywer Herna de Villiers is in die ouderdom van 94 jaar oorlede.  Lees verder ...

''Ek moes eers leef.'' Nini Bennett gesels oor haar digdebuut kodeks .

Nini Bennett, bekroonde skrywer en digter van kodeks, in gesprek met Bibi Slippers. Lees verder ...

Staan op vir Jouself - 'n boek wat op elke boekrak hoort

Ons almal wil uit die ashope van die lewe opstaan. Ons droom daarvan om seerkry en ellende agter ons te sit, vorentoe te kyk en ons potensiaal te ontgin. Die vrees vir mislukking en kritiek weerhou egter soveel mense om voluit te lewe. Lees verder...

Jaybee Roux gesels met Ena Murray

Skrywers het astronomiese ego’s. Hulle glo hulle kry nie genoeg erkenning nie. Wat maak ’n mens as ’n wolk oor jou toesak omdat niemand toegee jy is die beste liefdesverhaalskrywer van alle tye nie? Lees verder ...

Wêreld-eerste: Lywige 'WAT' op sel

Jy kan nou Afrikaans se lywigste en mees omvattende woordeboek in die palm van jou hand hou. Lees verder ...

'Boek' sonder 'n slot

’n Blog is die dagboek se kleinboet. Die verskil is net dat hierdie internet-dagboek se slot tegnologies verwyder is. Mense skryf aanlyn oor hul lewe en dit word deur duisende gelees. Hoekom? Omdat jy by blogs in ander mense se sake kan gaan rondsnuffel? En nog lekkerder, blogs suggereer dat als wat jy lees die waarheid is. Lees verder ...

Die Annelie Botes-rasdebakel en die Sala-prys

Lees alles omtrent die debakel waarin die bekroonde Baaise skrywer, Annelie Botes, se Sala-toekenning teruggeneem is. Lees verder ...

Ontvlugting = romanse

Romantiese fiksie is een van die pilare waarop die Westerse uitgewersbedryf rus. Kyk maar hoe oorheers dié genre die Amerikaanse sagtebandmark met een uit elke vyf lesers wat dié boeke lees. In 2008 was dit bo-aan die blitsverkoperlyste van die New York Times, USA Today en Publishers Weekly. Lees verder ...

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: