Welkom by SA Vryskutskrywer - Ontmoet jou mentors

Hier kan jy sien hoe die gesigte agter die name lyk... en sommer meer omtrent hulle te wete kom. Ons is twee voltydse  skrywers wat ook saam met 'n handjievol medewerkers saamwerk om Afrikaans te bevorder. Nie alleen is Afrikaans een van Suid-Afrika se amptelike tale met die derde meeste moedertaalsprekers nie, maar ons het ook gevind dat Afrikaanse skrywers ietwat gemarginaliseerd is en daar duidelik 'n dringende behoefte aan 'n ondersteuningsnetwerk is. Ontmoet dus die  baanbrekers van hierdie netwerk. Elkeen van hulle is mense wat bereid is om verskeie ure van elke dag op te offer om 'n droom te voed - 'n droom wat dalk op die lang duur Afrikaans se redding kan beteken... en dit terwyl hulle dikwels dwarsdeur die nag werk om ander skryfspertye ook te haal.


Profiel Leoni Benghiat

Leoni Benghiat is ‘n gevestigde joernalis, artikel- en nie-fiksieskrywer, asook 'n korporatiewe skrywer met ‘n databasis van 100 tydskrifte, koerante, internetportale en plaaslike radiostasies. Sy skryf die afgelope 28 jaar vryskut en het al voorblad- en ondersoekende artikels in bykans al die bekende Afrikaanse en Engelse tydskrifte en koerante gehad en skryf ook vir buitelandse publikasies en plaaslike radiostasies.

Profiel Elsabe de Beer

Elsabe de Beer is ‘n voormalige onderwyseres en tans mentor, skrywer, digter en proefleser. Sy het reeds drie kortverhaalbundels, Petro se klavier en ander verhale , My klippie in die Karoo , en die nuutste, Om jou eie baas te wees , die lig laat sien. Sy werk tans aan 'n kinderboek, 'n digbundel en nog 'n kortverhaalbundel. Elsabe sit egter nie net en skryf nie; sy het twee van die suksesvolste Facebook-skrywersgroepe - en medewerkers van SA Vryskutskrywer - SA Skrywers , en SA Kinderboekskrywers , begin en help daardeur verskeie aspirant-skrywers om hul skryfdrome waar te maak. In samewerking met SA Vryskutskrywer se aanlynslypskole bied sy via hierdie blaaie ook skryfkursusse aan en help skrywers publiseer - met baie sukses.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: