Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Kan ek geld met my skryfwerk verdien?


O ja! Ons opleiers se eerste prioriteit is om jou tydens die duur van die skryfkursus te leer hoe om vas te stel wat die markte soek en benodig met die uitsluitlike doelwit dat jy geld met jou skryfwerk kan verdien.

Die oogmerk is om jou by te staan sodat jy uiteindelik as 'n vryskutskrywer 'n leefbare inkomste kan verdien en sodoende jou eie vryskutbesigheid kan bedryf.

Tweedens lei hulle jou deur middel van 'n intensiewe skryfproses met gepaardgaande oefeninge sodat jy stap-vir-stap kan leer hóé om vir 'n gekose mark te skryf. Gratis markriglyne, wat jou sal help om jou mark beter te identifiseer, maak ook deel uit van die meerderheid kursusse.

Ons kursusse is spesiaal só ontwerp en saamgestel dat jy ná voltooiing daarvan onder meer minstens een persklaar tydskrifartikel (by sommige joernalistieke kursusse twee of selfs drie) of 'n kortverhaal, of ‘n boekmanuskrip sal hê wat jy aan onderskeidelik ‘n tydskrif of uitgewer kan voorlê. Indien jou manuskrip aanvaar word, het jy jou eerste transaksie beklink en vandaar lê die skrywerspad oop vorentoe.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: