Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Wat doen ‘n vryskutskrywer?


Vryskutskryfwerk is wat vryskutskrywers vir die grootste gedeelte van hul lewe doen!

‘n Vryskutskrywer is iemand wat ‘n loopbaan as skrywer verkies waar daar geen langtermynverbintenis met ‘n enkele werkgewer is nie. Dit beteken dus dat  vryskutskryfwerk nooit vervelig raak nie omdat die skrywer verskillende skryfwerke vir 'n verskeidenheid publikasies en besighede skryf.  Vryskutskrywers  roem hulle  daarop dat  daar ink deur  hulle  are  bruis! 

In ‘n neutedop kan skrywers só geklassifiseer word: ‘n skrywer is enigiemand wat skryf, hetsy vir ontspanning, om sy kreatiewe talent te beoefen of ‘n uitlaatklep vir sy emosies soek, vir vrywillige werk of teen betaling.

Betaalde skrywers wat voltyds of deeltyds vir ‘n werkgewer werk, kan vir ‘n koerant, tydskrif, advertensiemaatskappy of enige ander besigheid wat ‘n voltydse skrywer op die personeel benodig, skryf - en die meeste vryskutskrywers kry dit reg om sommer vir almal gelyktydig te skryf!

‘n Vryskutskrywer is egter iemand wat sy eie besigheid bedryf deur soos ‘n klein onderneming of onafhanklike kontrakteur te funksioneer, te werk volgens sy eie pas, sy eie skryfopdragte te soek en niemand behalwe homself hoef te betaal nie.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: