Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Watter soort werk moet ek doen om as "vryskut" geklassifiseer te word?


Die Engelse woord vir “vryskut” - freelance - het ontstaan toe ridders of huursoldate hul dienste aan enige heerser wat hulle daarvoor wou betaal, aangebied het - met ander woorde, hulle was free-lance of in Afrikaans, “vry-skuts”.

Op dieselfde wyse is ‘n vryskutskrywer ‘n skrywer wat op ‘n kontrakbasis vir ‘n maatskappy werk of ‘n onafhanklike skrywer wat op sy eie aan ‘n projek werk. Dié “kontraktuele” werk hoef nie eens volgens ‘n formele kontrak te wees nie, hoewel dit eintlikin die skrywer se eie belang is om ‘n kontrak op te stel.

Wat die twee werke van ‘n vryskutskrywer – vir ‘n maatskappy of as onafhanklike skrywer – wel in gemeen het, is dat albei deel is van ‘n skryfprojek wat ‘n vasgestelde tydsbeperking (sperdatum) en ‘n duidelike doelwit bevat. Nadat die projek afgehandel is, kan die vryskut na die volgende projek beweeg.

Daar is verskillende vorme van vryskutskryfwerk, soos sakeskryfwerk, korporatiewe skryfwerk, bemarkingskryfwerk, kreatiewe skryfwerk of skryfwerk vir die web.

Aan die ander kant fokus sommige vryskutskrywers net daarop om vir tydskrifte of koerante te skryf, terwyl ander hul altruïstiese kant kan uitleef deur gratis skryfwerk aan nie-winsgewende organisasies te lewer.

Wanneer jy in die wêreld van vryskutskryf induik, sal jy ‘n goeie idee van jou sterk punte en swakhede kry en in staat wees om die projekte te teiken wat die beste by jou persoonlikheid en vermoëns pas. As jy uitgewerk het waarmee jy regtig goed is, en daardie talent in die regte rigting begin kanaliseer sodat jy 'n leefbare inkomste daaruit kan verdien, sal jy ‘n ware “vryskut” wees. 


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: