Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Watter professionele dienste is beskikbaar?


Hoewel ons grotendeels op skryfkursusse en bystand aan skrywers fokus, bied ons ook professionele dienste teen uiters billike tariewe aan korporasies, tydskrifte, koerante, uitgewers, advertensiemaatskappye, individue, skole en feitlik enigiemand wat 'n skryfdiens van enige aard benodig.

Die professionele dienste wat ons aanbied is:

Navorsing - vanaf R115 per uur, afhangende van die spertyd en ingewikkeldheid. Klik hier vir meer inligting ...

Skryf van Tydskrifartikels - enige onderwerp of joernalistieke genre, vanaf R2.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, dringendheid van die sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Vertalings - beskikbare tale: Afrikaans en Engels - vanaf 65c per woord. Meer inligting hier ...

Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R345 per toespraak,  afhangende van die tipe, tydsduur, hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Proeflees en redigering van manuskripte, dokumente, artikels of verhandelings - vanaf R55 per bladsy (onderhandelbaar), afhangende van die hoeveelheid bladsye, ingewikkeldheid van die onderwerp, ens. Meer inligting hier ...

Skryf van Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R2.80 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Skryf van Verslae - vanaf R100 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die verslag. Meer inligting hier ...

Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en onderhoude in. Meer inligting hier ...

Nuusbriewe - samestelling volgens kliënt se voorskrif - R245 per uur vir eenmalige projekte; R115 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Meer inligting hier ...

Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R345 per nuusvrystelling - sluit verspreiding in. Klik hier ...

Opstel van Sakeplanne - vanaf R380, afhangende van die omvang van die sakeplan. Klik hier ...

Saamstel van Gedenkboeke - vanaf R100 per bladsy. Klik hier ...

Skryf van Webartikels - R550 per artikel, navorsing ingesluit. Klik hier ...

Nuusverslaggewing - R150 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in. Klik hier ...

Lees van voltooide Manuskripte : poësie, kortverhale, artikels - het jy 'n gedig, kortverhaal of artikel klaar geskryf en wil kommentaar daaroor hê of miskien 'n idee aan wie om dit te stuur vir publikasie? Ons kan help. Meer besonderhede ...


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: