Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Hoe werk SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk?


Vryskutskrywers beskik nie oor die luukse van 'n groot mediamaatskappy se geld nie. As gevolg van dié feit is vryskutskrywers 'n taamlik eensame spesie wat met alles self die mas moet probeer opkom. Vryskutskrywers het gewoonlik sommer 'n hele spul balle in die lug en soms, net soms, verander van daardie balle in eiers wat op jou kop kan val! Om dít te verhoed het ons 'n netwerk bedink wat jou kan help om al die balle in die lug te hou en terselfdertyd sommer 'n paar nuwes by te kry - as jy kans sien ...

Ons bied 'n baie bekostigbare opsie om jou in die netwerk en aan die gang te kry - slegs R35 per maand.

Kortliks kom dit daarop neer dat die netwerk jou sigbare "huisvesting" op ons werf gee.

Ons probeer jou help om jou inkomste te verhoog deur aan jou 'n eie lêplekkie op ons werf te verskaf, saam met jou persoonlike kontakbesonderhede en 'n volledige professionele profiel.

Nog iets wat ons doen is om jou waar moontlik via jou profielblad te bemark net waar ons kan, enige werk wat moontlik uitgedeel kan word aan netwerklede aan te bied en te help met administrasie en regskwessies en kontrakte of wat jy ookal benodig. O ja, en ons gee jou ook onbeperkte toegang tot ons premium-webblad.

Hoe klink dit vir jou?

Lidmaatskap

  • Lidmaatskap beloop R35 per maand of R385 per jaar.

  • Geen agentskapsfooi is aan SA Vryskutskrywer betaalbaar nie. Jy werk dus uitsluitlik vir jou eie rekening.

  • Skrywers ontvang elkeen 'n eie profielblad met persoonlike kontakbesonderhede.

  • Kontak met skrywers deur voornemende werkverskaffers word direk met skrywers gedoen en dus nie deur SA Vryskutskrywer gereël nie.

  • Onbeperkte aantal spesialiteitsvelde of volledige CV kan vertoon word.

  • Onbeperkte gratis toegang tot alle premium-inhoud.

Wie kan by SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk baat vind?

Professionele vryskutskrywers in enige genre, waaronder joernaliste, kreatiewe skrywers, webskrywers, niefiksieskrywers, digters, draaiboekskrywers, spookskrywers, kopieskrywers, toespraakskrywers, ens.

Vertalers

Redakteurs

Redigeerders

Proeflesers

Korporatiewe skrywers

Fotojoernaliste


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: