Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Hoe, waar en wanneer registreer ek vir 'n skryfkursus?


Omdat ons skryfkursusse aanlyn aangebied word, kan jy enige tyd vir 'n kursus inskr yf. Dit hang net af hoe jy die kursus rondom jóú skedule wil inwerk.

Die enigste tydperk wat ons heel moontlik nie voltyds beskikbaar sal wees nie, is tydens die Desembervakansie, wanneer die hele land in elk geval met vakansie is. Maak dus net eers by ons seker of daar iemand aan diens sal wees gedurende dié tydperk. Ons werk in elk geval ekstra dae in om die vakansiedae te vervang.

Jy het ook 'n paar opsies om in te skryf: jy kan sommer direk aanlyn inskryf en deur middel van 'n aanlynbetaaldiens betaal, of jy kan 'n kursusregistrasievorm met die klik van jou muis aflaai of aanvra.

Jy ontvang jou kursusmateriaal direk nadat jou betaling afgehandel is.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: