Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Wat behels aanlynstudies?


'

n Aanlynkursus is soortgelyk aan ‘n korrespondensiekursus, maar met die grootste enkele verskil dat alle kursusmateriaal (kursusnotas en terugvoering van jou opleier) via e-pos geskied in plaas van deur middel van slakkepos soos in die goeie ou dae.

5 Redes waarom aanlynstudies werk

Deur Leoni Benghiat

Afstandonderrig is amper so oud soos die berge aangesien die eerste advertensie vir ? afstandsonderrigkursus in snelskrif reeds in 1728 in ? koerant in Boston in die VSA verskyn het. Dié kursus, wat deur ene Caleb Philips geadverteer is, het onderneem om weekliks ? les aan sy ingeskrewe studente te stuur. Per slakkepos, natuurlik. 

Universiteite het ook nie op hulle laat wag om van dié unieke onderrigmetode gebruik te maak nie en die eerste universiteit om graadonderrig via posdiens aan te bied was die Londense Universiteit in 1858. 

Suid-Afrika was ook ? baanbreker op hierdie gebied met die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) – destyds die Universiteit van die Kaap de Goeie Hoop – wat reeds in 1873 met korrespondensiekursusse begin het. 

Korrespondensiekursusse is tot redelik onlangs nog via gewone landposdienste aangebied, maar met die koms van die internet en e-posfasiliteite het daar sedert die einde van die twintigste eeu letterlik miljoene aanlyninstitute tot stand gekom wat kursusse oor bykans enige onderwerp aanbied.  

Om aanlyn klas te loop raak al hoe gewilder en is dikwels die beste uitweg vir iemand wat reeds voltyds werk, maar homself beter of in ? ander rigting wil bekwaam – sonder om by sy huidige werk te bedank.  

Die vyf belangrikste voordele van aanlynstudies is: 

1.  Dit is koste-effektief

Aanlynkursusse is heelwat goedkoper as tradisionele kursusse omdat die instituut wat die kursus aanbied se oorhoofse kostes minder is omdat dit nie nodig is om ? onderriginstelling of -klaskamer in stand te hou nie.  

Aanlynstudente kan volgens hulle beursies se kapasiteit vir kursusse inskryf. As jy dus vir ? volledige kursus wil inskryf, maar met registrasie slegs ? gedeelte van die kursusfooi kan bekostig, kan jy maklik die eerste gedeelte van die kursus doen en dan, wanneer jou finansies dit toelaat, ? opvolgende gedeelte. Jy is dus in beheer van die strukturering van jou kursusse. 

Studente wat aanlynkursusse volg het ook nie nodig om duur handboeke te koop nie aangesien studiemateriaal oor die algemeen via die internet afgelaai kan word en ook as bykomende lesmateriaal deur die instansie verskaf word.  

2.  Aanlynstudies bespaar tyd

Omdat alle klasse aanlyn aangebied word, is dit nie vir studente nodig om fisies na ? klas toe te gaan en vir ? paar uur daar te sit nie. Veral vir diegene wat voltyds werk is dit die ideale oplossing want hulle kan hulle studietyd só uitwerk dat dit by hul besige skedules en gesinstyd inpas.  

3.  Jy bepaal jou eie studierooster

Jy kan jou studietyd só inruim dat dit uitsluitlik vir jóú pas. Miskien hou jy meer daarvan om soggens te studeer, of dalk is jy ? naguil. Die keuse is slegs joune en enige stres word verminder omdat jy jou tyd volgens jou behoeftes kan uitwerk. 

Streng tydskedules bestaan nie as jy aanlyn klasloop nie. Jy kan jou werkopdragte in jou eie tyd voltooi en instuur – mits jy seker maak dat jy dit darem wel binne die toegelate tydsraamwerk wat eie is aan elke kursus, doen. 

4.  Almal kan geakkommodeer word

Omdat geografiese ligging of vervoer nie ? faktor in aanlynstudies is nie, is dit die ideale studie-opsie vir fisiek gestremde studente of enigeen wat te enige tyd homself verder wil bekwaam om ? nuwe loopbaanrigting inslaan. 

Enigeen wat bykomende opleiding vir beter loopbaanvooruitsigte soek, kan deur middel van ? aanlynkursus sy kennis verbreed sonder om sy huidige werk af te skeep.

5.  Selfverryking is die grootste pluspunt

Een van die belangrikste voordele van aanlynstudies is dat dit jou leer om jouself aan ? spesifieke taak te verbind en dit deur te voer totdat jy klaar is. Ten einde ? aanlynkursus suksesvol te voltooi, moet jy selfdissipline aan die dag lê en leer om jou tyd deeglik te bestuur. Omdat niemand agter jou staan om toe te sien dat jy jou werkstukke voltooi en instuur nie, leer jy om verantwoordelikheid vir jou eie dade te neem – baie meer as tydens ? tradisionele kursus in ? klaskameropset. 

Hoewel dit dus nie ? hoofrede behoort te wees oor waarom jy vir ? aanlynkursus inskryf nie, is die bykomende voordeel van jou persoonlike groei en toewyding ? besliste aanmoediging vir dié tipe studiewyse.

Bron: Beeld, 22 Augustus 2010

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: