Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Wat maak SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse uniek?


  • Ons skryfkursusse is intens en deeglik wat jou ná voltooiing daarvan in staat stel om op jou eie voort te gaan.

  • Na afhandeling van jou skryfkursus sal jy 'n portefeulje kan toon met minstens een publiseerbare artikel of een foto-artikel; afhangende van die kursus waarvoor jy ingeskryf het.

  • Die meeste van ons joernalistieke en kreatiewe skryfkursusse laat jou na afloop daarvan met twee en drie persklaar artikels of verhale wat net wag om voorgelê te word aan 'n publikasie van jou keuse. Die nie-fiksieboekskryfkursusse sorg vir 'n volledige boekmanuskrip. Vir meer besonderhede en ook om uit te vind wat jy van 'n kursus kan verwag, bestudeer die skryfkursus van jou keuse se kursusbesonderhede hier .

  • Ons bied géén kursusse in ‘n groepsomgewing aan nie. ‘n Persoonlike opleier – en kenner op sy en haar vakgebied – word aan elke ingeskrewe student toegewys. Jy werk dan saam met dié persoonlike opleier op ‘n een-tot-een basis wat volledige terugvoering vir alle werkopdragte en skryfstukke insluit.

  • Elke student kry persoonlike aandag en terugvoering van die opleiers en enige kommunikasie tussen die student en opleier is heeltemal privaat.

  • Ons kursusse is pret, hoewel baie leersaam. Teorie word tot die minimum beperk want ons glo aan die skrywersgesegde, Wys my, moenie my vertel nie . Praktiese voorbeelde en oefeninge word gebruik om die kursusinligting sorgvuldig oor te dra.

  • Ons glo daaraan dat jy nie ‘n voornemende skrywer kan leer skryf as hy nie self genoeg skryfoefening kry nie. Ons kursusse bevat dus verskeie skryfoefeninge wat jou help om jou skryfstyl te ontwikkel en te slyp. Dié skryfoefeninge moet aan jou opleier gestuur word vir evaluering en puntetoekenning. Sodoende kom jy én jou opleier maklik agter waar daar dalk 'n probleem ontstaan of watter aspek van jou skryfwerk effens meer geslyp moet word. 

  • Ons hou NIKS terug nie. Ons deel ál ons kennis met jou. Sommige van ons opleiers het meer as 35 jaar ondervinding in hul onderskeie skryfgenre en deel elke greintjie inligting wat hulle met bloedsweet deur die jare versamel het met jou. Ons vertel jou regtig ALLES wat jy moet weet om ‘n suksesvolle skrywer in jou gekose rigting te kan word.

  • Ons nasorg is buitengewoon goed aangesien jou persoonlike opleier én SA Vryskutskrywer altyd ná voltooiing van jou kursus beskikbaar is om jou van advies te bedien, sou jy dit benodig.

  • Van ons relevante studiepakkette bevat baie gratis hulpbronne wat jou tydens en ná voltooiing van jou kursus help om gepubliseer te word, asook om 'n eie vryskutbesigheid te kan bedryf.

Kyk gerus hier wat ander studente van SA Vryskutskrywer se kursusse dink.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: