Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

Bruikbare wenke

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Stuur enige bruikbare wenke per e-pos aan  en noem sommer of jy geneë is daarmee as ons jou naam en/of besonderhede by jou wenk publiseer.

’n Flits kan onvleiende skadu’s veroorsaak

2011-01-18

Johann van Tonder

Ek probeer die gebruik van ’n elektroniese flitslig vermy. Dit veroorsaak harde skaduwees en is in die algemeen ’n onvleiende ligbron.

Natuurlik word ’n mens soms gedwing om ’n flits te gebruik. Dan is dit ’n kwessie van die beste van ’n slegte saak probeer maak.

Een so ’n situasie het hom onlangs in die Pilanesberg-natuurreservaat voorgedoen.

Ietwat verveeld met nabyskote van ’n olifant, en gedagtig aan ons laaste kompetisietema – natuurmens – het ek die olifant deur die motorvenster begin afneem. Ek wou ook my een jaar oue seun en ’n ander motor in die beeld plaas om die “dierekyk”-konsep te illustreer. Die Canon 1D met telefotolens het plek gemaak vir die 7D met ’n wyehoeklens – en flits.

Die ligintensiteit buite is soveel sterker as binne die motor, veral met die absorberende swart bekleedsel, dat die kamera een moet prysgee.

Óf die helder ligpunte moet korrek belig word (en dus die donkerder skadu’s onderbelig), of andersom. Die goue reël is om altyd die helder punte korrek te belig, in hierdie geval buite die motor. Dit sou egter wel beteken dat die agtersitplek onderbelig sou wees. Om dit te vermy, was dit nodig om die lig te balanseer deur die donker voorgrond met ’n flits te belig.

So is die ligmeting op die groen blare gedoen (altyd veilig vir ’n ligmeting) en die kamera daarop ingestel, 1/60 sekonde teen f4 in hierdie geval. Die elektroniese flits is in die rigting van die dak gewys sodat die lig sagter en meer eweredig op die agtersitplek sou val.

In terme van samestelling sou ek verkies het dat die olifant so geposisioneer is dat dit lyk of Brandt in die rigting daarvan kyk. Helaas, ’n olifant en ’n baba is nie onderwerpe wat daarom bekend is dat hulle doen wat van hulle gevra word nie.

  • Johann van Tonder is ’n lektor in fotografie aan die Universiteit Stellenbosch en was verlede jaar ook hoofbeoordelaar in Buite se Natuurmens-fotokompetisie. Kontak hom vir fotowenke by jvtond@media24.com

’n Foto wat in die Pilanesberg-natuurreservaat met ’n flits geneem is. Lees hiernaas meer oor wanneer en hoe jy ’n flits gebruik.

Foto: Johann van Tonder

- Bron: Beeld Buite

Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: