Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

Bruikbare wenke

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Stuur enige bruikbare wenke per e-pos aan  en noem sommer of jy geneë is daarmee as ons jou naam en/of besonderhede by jou wenk publiseer.

Neem goeie kinderfoto's

Johan Minnaar van die Status Studio-foto-ateljee in Krugersdorp verskaf dié goue reëls wanneer jy kinders moet afneem.

  • Fokus op jou onderwerp, naamlik kinders. Dit kan soms effens moeilik wees, want almal voel nie elke dag dieselfde nie. Hulle is soms siekerig en almal is nie ekstroverte nie.

  • ’n Mens kan dink ’n kind moet glimlag om ’n mooi foto te neem, maar dit is onsin. Natuurlikheid is die wagwoord. Dit beeld spontaneïteit en kinderlike onskuld uit.

  • Die truuk is om noukeurig na die samestelling te kyk en seker te maak dat dít wat jy afneem, in fokus is.

  • Wanneer ’n kind nie “reg voel” vir die foto nie, los hom eers uit. Moenie aanhou om hom te soebat nie.

  • Digitale kamera’s gee mens meer vryheid, maar dit is steeds belangrik om baie goed te kyk na dit waarvan jy ’n foto wil neem voordat jy die knoppie druk. Let byvoorbeeld op of daar enige helderkleurige onderwerpe of lig in die agtergrond blink of skyn wat die aandag van die hoofonderwerp kan aftrek.

  • Maak seker dat onderwerpe in die agtergrond, soos bome of geboue, nie agter jou onderwerpe “uitgroei” nie. ) Met kinders is dit altyd verstandig om af te daal en met hulle op oogkontakvlak te kommunikeer voor jy die foto neem. Minnaar sê hulle gebruik die zoem-funksie om ’n agtergrond wat uit fokus is, binne fokus te neem. Kry jou voorwerp om so ver moontlik weg te staan van die agtergrond en zoem in. Dit gee vir jou ’n duidelike portret met ’n sagte, soms effens uit fokus agtergrond.

  • Vul die fotoraam met die prentjie. Deur dít te doen, fokus ’n mens jou oog op die onderwerp en het die foto dikwels baie meer impak.

  • Om kinderfoto’s te kry wat natuurlik lyk, verg tyd en geduld. ’n Mens moet wag tot die kindertjies minder bewus is van die kamera om ’n meer natuurlike gesigsuitdrukking te kry.

  • Baie fotograwe sien bloot kinders wat hulle moet afneem en neem die foto sonder om kreatief te dink. Om af te buk, soms op jou maag te lê, op iets te staan of om ’n paar treë links of regs te skuif, kan die verskil tussen ’n goeie of swak kinderfoto beteken.

  • Beloon die kind. By kleuterskole laat Minnaar-hulle somsander maatjies vir hulle hande klap, vra wie eerste wil kom staan of sit vir ’n foto en beloon hulle met iets soos ’n suigstokkie.

  • Veral met kinders is die tyd van die dag belangrik. Wanneer mens ’n foto in die middel van die dag neem, kom die son reg van bo af. Daar is donker skaduwees onder die neus en ken en die kontras is baie hoog. Dit is dus beter om foto’s vroegoggend of laatmiddag te neem. Dis makliker om ’n foto te neem wanneer die son agter jou is.

  • Sorg vir ’n fotoportefeulje met 'n verskeidenheid waaruit mense kan kies. Die trefkrag en sukses van goeie kinderfoto’s lê in elkeen se persoonlike keuse, hetsy kleur, swart-wit, of swart-wit met enkele voorwerpe wat in volkleur is of sepia.

* Besoek www.statusstudio.co.za vir meer inligting.

* Foto's: © Fanie du Plooy ( http://www.fanieduplooyphotography.co.za/ )

Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: