Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

Bruikbare wenke

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Stuur enige bruikbare wenke per e-pos aan  en noem sommer of jy geneë is daarmee as ons jou naam en/of besonderhede by jou wenk publiseer.

Driepote en digitale kameras

    deur Jan Prinsloo

Waarom is ‘n driepoot nodig?

Vir daardie foto's waar die sluiterspoed van die kamera te stadig is om die kamera stil te hou.

Waarom dan nie die flits gebruik nie?

Jy wil graag die natuurlike lig gebruik binnenshuis van lig wat deur die venster instroom om ‘n pragtige romantiese effek te skep. Jy gebruik ‘n kamera met ‘n lang lens (12x) zoom. Al ooit deur ‘n verkyker gekyk en dit probeer stil hou? Dieselfde gebeur met ‘n kamera en jou foto is dan nie heeltemal skerp nie. Sekerlik baie moderne duurder digitale kameras het optiese stabiliseerders wat baie help daarvoor, maar as die lig nie te goed is nie help dit dan nie veel nie - veral met nag- of skemeraandfoto's. Ek het al gesien hoe mense teen skemeraand op Bloubergstrand foto's van Tafelberg met Kaapstad se liggies wat aanskakel in die voorgrond met digitale kameras met flits probeer afneem.

Foto: Sonsondergang op Bloubergstrand geneem deur Anika van der Walt met 'n driepoot en 'n Fijifinepix 2400 met tydskakelaar.

Watter tipe driepoot moet ek aankoop?

Enige ligte stewige driepoot.

Dis handig as die driepoot hoog kan uittrek sodat jy in staande posisie kan afneem.

As die driepoot die moderne koppeling het wat jy onder aan jou kamera inskroef en dan vinnig met driepoot kan koppel wanneer nodig.

Watter digitale kameras kan driepote gebruik?

Die meeste van hulle - selfs die goedkoop modelle. Kyk of daar onderaan jou kamera ‘n plek is waar iets kan inskroef want dan is hy reg.

Met SLR kameras het ons ‘n kabel (cable release) gebruik om te verhoed dat die kamera op die driepoot ruk as ons die knoppie druk. Hoe kan ons met digitale kameras maak?

Alle digitale kameras tot die goedkoper tipes het ‘n tydskakelaar (timer) wat jy aanskakel as jy jouself saam met ‘n groep wil afneem. Gebruik dit! Meeste digitale kameras se tydskakelaars (timers) kan jy stel vir net 2 sekondes of 8 sekondes. Stel jou kamera op die 2 sekondes een sit kamera op driepoot druk knoppie en in 2 sekondes word die foto gladweg geneem As jou kamera nie 2 sekondes kan stel nie gebruik die 8 sekondes een!

Hoe sal ek skemeraand foto's neem van ‘n son wat ondergaan of ‘n stad se liggies wat aanskakel?

Maklik. Die meeste kameras hanteer dit maklik op outomaties. Maak net seker dat jou flits afgeskakel is. Sit jou kamera op die driepoot, fokus op die toneel en gebruik die tydskakelaar om die sluiter te laat afgaan. Party kameras het ‘n spesiale verstelling (mode) vir nagfoto's waarmee julle ook kan eksperimenteer.

Hoe kan ek daardie nagfoto's neem waar die motors se ligte net strepe wys?

Sit die kamera op die driepoot. Stel die kamera van outomaties na handstelling (manual). Stel dan die lensopening so op f5.6 of f8 en die sluiterspoed vir 'n hele 8 of 10 sekondes. Fokus op die toneel en laat die sluiter afgaan met die tydskakelaar. Vir die volle 8 of 10 sekondes sal die lens oop bly (moet nie skrik en aan die kamera stamp nie!). Wat kry jy? Stilstaande voorwerpe en ligte van geboue is skerp maar waar motors gery het wys dit die streep van die agterligte of voorligte vir die tydperk wat die sluiter oop was.

Hoe kan ek nagfoto's van weerlig neem?

Dieselfde manier as hierbo. Hou die kamera op die driepoot se lensopening so op f5.6 of f8 en die sluiterspoed op 8 of 10 sekondes of solank as wat jy dit kan oophou. Waarom? Jy weet nooit wanneer ‘n weerlig gaan slaan nie, maar op dié manier kan jy dit opstel in die rigting waar die weerlig slaan en na verskeie pogings daardie suksesvolle skoot kry. Met SLR kameras het ons altyd met ‘n kabel (cable release) om die sluiter lank oopgehou. Onthou om jou tydskakelaar te gebruik.

- Bron: SA Digitale Kameraklub ( www.digitalekameraklub.co.za ) .
Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: