As jy gelukkig genoeg is om ’n ultra-wyehoeklens (soos ’n 14mm-lens) in jou kamerasak te hê, kan jy lekker in beknopte ruimtes rondspeel, maar werk oordeelkundig.

1 Bly weg van vertikale portrette . As jy foto’s van mense neem, vermy die vertikale formaat, want dit laat die koppe “rek” en alles begin onnatuurlik lyk (soos op die foto links).

2 Bekyk die rand...
Onthou, jou ultra-wyehoeklens verwring die beeld op die foto se rande: Geboue se mure gaan geboë lyk en mense se lyf gaan buite proporsie groter wees as in die middel van die raam.

3 Gebruik hom reg.
’n Ultra-wyehoek werk goed vir landskappe of as jy in beknopte spasies soos in ’n gebou of ’n plek soos ’n opelugmark of optog wil foto’s neem. Dis hoekom dit ’n gewilde lens onder fotojoernaliste is.