Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne

Hier's dit uiteindelik! Jou reddingsboei in die onstuimige vryskutvaarwaters... die blad waarvoor jy al jou hele vryskutlewe lank wag! Ons weet, want ons wag ook al vir jare en jare dat iemand so iets begin. Jy weet egter hoe dit werk... as jy iets gedoen wil hê moet jy dit maar self doen!

Maar in alle erns: ons het koppe bymekaar gesit om vas te stel wat presies Afrikaanse vryskutskrywers die nodigste het om 'n suksesvolle vryskutskryfbesigheid mee te kan bedryf. Jy kan hier na die resultate kyk en besluit wat jou op jou vryskutpaadjie vorentoe kan help.

As daar iets is waaraan ons nie gedink het nie, kontak ons asseblief om ons daarvan te verwittig sodat ons dit kan regstel - indien moontlik.


As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.

Ons hier by SA Vryskutskrywer weet dat vryskutwerk veral besonder stresvol kan wees wanneer die maand einde se kant toe staan.

Almal weet ook dat arme vryskutskrywers met 'n allemintige 25% op elke betaling belas word. Dis waarom ons oral en by almal gaan kers opsteek om jóú te help om daardie swaar belastinglas op 'n WETTIGE manier te verminder.

Jy mag dalk dink dat bemarking nie juis iets is waaraan 'n vryskutskrywer hom moet steur nie, maar niks is verder van die waarheid nie. Jy is 'n besigheid op sigself en as sulks moet jy jouself bemark sodat jy meer werk kan inkry.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: