Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

SA Vryskutnetwerk DATABASIS


Besonderhede

E-posadres: vilien@mweb.co.za

Selfoon:  083 941 6613

  Internet- en sosiale media:

Dorp / Stad: Pretoria

Provinsie: Gauteng

Land woonagtig: Suid-Afrika

Professioneel

Media: Alle tipes manuskripte

Taalvaardigheid:

Afrikaans, Engels

Spesialiteitsveld:

Skrywer, kopieskrywer, sosiale media-beampte, manuskripkeurder, proefleser

Beroep:

Skrywer, proefleser, kreawiteitsafrigting

Ondervinding / CV

Vryskut (2015?tans): Ek werk as 'n Afrikaanse proefleser, manuskripkeurder, vertaler, oorskrywer, skrywer en persoonlike assistant terwyl ek my bekwaamheid as 'n inhoudskepper ontwikkel. Wat ek nie weet nie, leer ek via YouTube. In 2016 het ek die bestuur behartig en bygedra tot die sosialemediablaaie van Wild Info-toerisme, Garden State Productions, The Project Room en Cornuti Restaurant. Tans het ek 'n retensieooreenkoms met die reklamemaatskappy One2love.


Living Connections Coach (2015?nou): Living Connections, waarvan ek die eienaar is, is 'n onderneming wat kreatiwiteitsafrigting verskaf. Ek begelei kreatiewe mense deur die sinmaakproses.


Bargain Books Knysna Boekverkoper (Okt?Des 2017): Tydens spitsseisoen 'n tydelike werknemer by die tak aan die Knysna Waterfront. Ek bedien oorwegend toeriste deur boeke aan te beveel en die kasregister te bestuur.


TEDxCapeTown Storieverteller (2016?2017): Ek skryf meeste van die inhoud wat die byeenkoms voorafgaan, reël 'n skryfdag en bestuur 'n stilprentprojek. Ek stel die beelddraaiboek saam, kry die span aan boord, skep die fliek, verskaf die agtergrondstemme en vertoon dit op 15 Oktober 2016 aan 'n gehoor met 400 lede. Die rolprent word by kortfilmfeeste ingeskryf.


2014?2015: Ek begin by NB Uitgewers vryskut as 'n manuskripkeurder en proefleser. Ek is 'n gasblogger vir die blog, 9Lives, en The Order of the Red Dress. Ek begin my eie blog, Life Seekers, en stig die Cape Town Book Club, wat 'n kultuur van bewuste lees bevorder. Teen die einde van 2014 kwalifiseer ek as 'n InnerLifeSkills?afrigter.


Lux Verbi/NB Uitgewers Junior Redakteur (2012?2014): Ek leer hoe om 'n konsep in 'n gepubliseerde boek te omskep en dit te versprei. Ek koördineer boekprojekte en wys toepaslike medewerkers aan terwyl ek binne die begroting bly. Ek identifiseer nuwe markte en konsepte om aan die bemarking? en verkopespan voor te lê. Ek sit hand by met alle redaksieverwante kopie en handhaaf tussendeur 'n goeie verhouding met ons skrywers. Ek
is aangesê om die struktuur te ontwikkel en bowenal te verseker die vervaardiging van ons skrywers se werk is van die beste gehalte. Toe die uitgewer van Lux Verbi bedank, is dit my taak om 14 boeke te laat druk. In 2015 wen Surprised by the Man on the Borrowed Donkey , 'n boek deur prof. Denise Ackermann wat ek help ontwikkel het, die Andrew Murray?Desmond Tutu-prys.


Huisgenoot/YOU?tydskrif (2011?2012): As leerlingjoernalis doen ek klein administratiewe en skryftake. Ek leer vinnig en word gou bevorder tot leefstylassistent. In dié tyd skryf ek talle artikels, inleidings en resensies. Ek woon bekendstellings by, waar ek bande smee om die tydskrif se netwerk uit te brei en ek reël mettertyd die jaarlikse skakelingsbyeenkoms. Teen middel 2012 werk ek as die kreatiewe vervaardiger van 'n klein tydskrif. Die handelsmerkuitbreiding Huisgenoot Mooi/YOU Makeovers (somer 2012, winter 2012) is twee keer per jaar uitgegee met 'n oplaag van onderskeidelik 50 000 (Huisgenoot) en 30 000 (YOU). Ek help ook met die saamstel van Huisgenoot Trou/YOU Weddings en MasterChef.


Protea-boekwinkel vloerassistent (2011): In dié tyd doen ek breedvoerige boekekennis op. Dit stel my in staat om boeke aan te beveel, boekverkope te verseker en die winkel se nuusbrief saam te stel.

| Sluit aan |   Databasis    | SLEGS LEDE
Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: