Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Joernalistieke Skryfkursusse

Joernalistiek is moontlik een van die lonendste én mees bevredigende beroepe ter wêreld omdat dit die enigste beroep is waarin jy jouself ten volle kan uitleef, kreatief en uitdagend kan wees, terwyl jy ongelooflike vryheid van gees smaak. Die hede is interessante tye om 'n joernalis in te wees.

Werk is beslis nie skaars nie want elke dag, elke uur, elke oomblik bring waardevolle nuus en inligting mee wat met die hele wêreld gedeel moet word. Tyd wag miskien vir niemand nie, maar nuus ook nie. Alles is nuuswaardig. Nuus gebeur net, of jy dit nou doelbewus soek of nie. As jy joernalistieke ink in jou are het, sal die nuus jóú heel waarskynlik vind ...

Omdat daar so 'n wye verskeidenheid joernalistieke velde en kursusse is, bied ons 'n algemene afdeling vir beginners en 'n gespesialiseerde/gevorderde afdeling vir studente wat reeds minstens 'n beginnerskursus in joernalistiek voltooi het of in 'n sekere veld wil spesialiseer. Die gespesialiseerde afdeling is ook gemik op mense wat reeds in 'n joernalistieke rigting werk, maar in 'n spesiale afdeling wil spesialiseer.

Daar is ook omvattende joernalistieke kursusse vir diegene wat ernstig is daaromtrent om 'n tuiskantoor by die huis in te span vir 'n permanente - en winsgewende - vryskutinkomste.

  • Allemansjoernalistiek - jou sleutel tot geld en roem

  • Praktiese kursus in Artikels skryf

  • Riglyne vir Christelike joernalistiek

  • Inleiding tot Fotojoernalistiek

  • Geheime van Gemeenskapsjoernalistiek

  • " Harde nuus "-verslaggewing vergemaklik

  • Koerantjoernalistiek in 'n kits

  • Basiese kursus in Joernalistiek

  • Verken die wêreld van Reisjoernalistiek

  • Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek

  • Hoe om 'n Feature -artikel te skryf

  • Terapeutiese Humorartikels vir 'n stukkende wêreld

  • Skryf Inspirasie -artikels wat saak maak

  • Ontdek die lonende bedryf van Korporatiewe joernalistiek

  • Skryf blitsig 'n Nuusprofiel

  • Ondersoekende joernalistiek vir beginners

  • Gevorderde Tydskrifjoernalistiek

  • Ontdek die formule vir " Ware Lewensdrama "-artikels

  • Alles-in-EEN -Joernalistieke kursus

  • Volledige Fotojoernalistieke kursus

  • Omvattende Joernalistieke kursus

  • Volledige Tydskrifjoernalistieke kursus

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: