Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Skryfaanhalings

Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop  soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersêgoed te begin?


Skryf is, benewens harde werk en 'n Trojaanse toertjie in selfdissipline, ook 'n magiese ervaring. ~ Chanette Paul

Ek hou van skryf, want woorde praat nie terug soos mense nie! Stormloop alles en onthou tog om jouself nooit ernstig op te neem nie. ~ Rachelle Greeff

Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans. ~ J eanette Ferreira

Skrywers is die swartskape van die gemeenskap en dit is goed om af en toe saam met hulle dronk te word. ~ Etienne Leroux

Die wêreld se enigste veilige plek is binne-in 'n storie. ~ Athol Fugard

Jy hoef nie 'n graad in linguistiek te hê om reg te kan spel nie. 'n Voorvinger is genoeg. ~ Hans du Plessis

As jy jou storie op bladsy een in die verlede tyd begin is jy op bladsy vier al in die strooi. ~ P.G. du Plessis

'n Sinoniem is 'n woord wat jy gebruik omdat jy die ander een nie kan spel nie. ~ Baltasar Gracián

Die lykskouer sal ink in my are en bloed op my sleutelbord ontdek. ~ C. Astrid Weber

Mens stuur nie jou kind slordig partytjie toe nie – as jy omgee vir die arme bloedjie. Nou hoekom sal jy dan ? slordige manuskrip voorlê? Mens stuur jou woordkind net weg omdat jy daarop trots is. Dis jou taalkind en moet taalnetjies by die uitgeegeleentheid aankom. ~ Hans du Plessis

As jy 'n betrokke roman skryf, is jou kanse op 'n goeie resensie beter as wanneer jy nie betrokke skryf nie. ~ P.G. du Plessis

As jy uit die werk van een skrywer neerskryf, is dit plagiaat, maar as jy baie werke raadpleeg, is dit navorsing. ~ Wilson Mizner

Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes. ~ Joseph Addison

Van al die kwaliteite wat 'n boek moet hê, is die vernaamste dat dit leesbaar moet wees. ~ Anthony Trollope

Daar is min sin in 'n boek wat jy nie geniet nie. ~ Sir John Lubbock

Boeke en vriende moet min en goed wees. ~ Spaanse spreekwoord

Daar is twee soorte talentvolle skrywers: dié wat dink en dié wat doen. ~ Abbé Roux

Vanoggend het ek 'n komma uitgehaal en vanmiddag het ek dit weer teruggesit. ~ Oscar Wilde

Sonder boeke is God stil. ~ Thomas Bartholin

'n Kritikus word deur jare van waarneming en studie gevorm. Resensente spring op soos paddastoele. ~ La Bruyêre

Ek is mal oor spertye. Ek hou veral van die whoesj-geluid wat hulle maak wanneer hulle verbyvlieg. ~ Douglas Adams

Gee ontspanning, hou die massas dop; gee elke dag 'n mooi nooi en 'n moord; en stoot die sirkulasiesyfers op. ~ D.J. Opperman


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: