Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

As jy kan praat, kan jy skryf en ons weet: tieners kan nogal baie praat! Vra enige ouer! Maar op 'n meer ernstige noot - hou jy daarvan om te skryf? Is jou opstelle of toesprake gewoonlik van die beste in die klas? En kla jy nie as die onderwyser onverwags 'n opstelwerkstuk uitdeel nie? Dan is jy ideaal om jou gewone hoërskoolskryfwerk na 'n volgende vlak te neem. Met ons skryfkursusse kan jy leer presies hoe jy moet skryf om jou skryfwerk nóg meer uitstaande te maak. En ons leer jou regtig álles. Hoe om idees te kry, hoe om te begin, hoe om te eindig en veral... hoe om jou skryfwerk bo almal s'n te laat uistaan. Nóg meer opwindend: ons leer jou om só goed te skryf dat jy met 'n geruste hart vir enige skryfkompetisie kan inskryf. Of jy kan selfs 'n boek aanpak as jy daarna voel. Aanvaar dus hierdie uitdaging en skryf sommer dadelik in. Jy sal regtig nie spyt wees nie.


Tieners


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: