Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Akademiese Skryfkursusse

Om goed te kan skryf is ‘n vaardigheid wat ‘n mens op verskeie vlakke deur jou lewe benodig. Maar akademiese skryfwerk is heelwat anders omdat dit oor sy eie stel reëls en toepassings beskik Dié reëls en toepassings is gewoonlik volgens ‘n formele struktuur waarby idees aangebied moet word. Boonop is daar verskeie bykomende aspekte van skryf, grammatika en navorsing wat feitelik korrek moet wees vir die manuskrip om aanvaarbaar te wees. Akademiese skryfwerk verskil dus baie van alledaagse skryfwerk omdat die onderliggende teorieë en prosesse waaroor geskryf is, op ‘n ander vlak bestudeer word. Om dit te kan bereik, moet grammatika, spelling en punktuasie op standaard wees en die manuskrip volgens letterkundige reëls aangebied.

Teksredigeringskursus 

Die internet bied verskeie geleenthede vir vryskutskrywers. Nie alleen kan jy vanuit die gerief van jou tuiskantoor stories vir kliënte dwarsoor die wêreld skryf nie, maar deesdae kan jy die lonende beroep van proefleser- en redigeerder óók beoefen. Skrywers, uitgewers, mediamaatskappye, studente, korporatiewe instansies en reklame-agentskappe het altyd gekwalifiseerde proeflesers en/of redigeerders nodig om seker te maak hul tekste is onberispelik voordat dit die wye wêreld ingestuur word.  Met ons deeglike kursus in die fynere kunsies van proeflees- en redigering sal jy in staat wees om self deel van dié uitdagende woord-wêreld te word - terwyl jy 'n gemaklike inkomste daarmee kan verdien. Volledige besonderhede

Skryf 'n A + werkopdrag  

Student-wees is nie net pret en jool nie, maar behels ook 'n gesonde hoeveelheid WERK. Harde werk, om die waarheid te sê. Om dus van die begin af studiemetodes aan te leer wat jou in staat gaan stel om die magdom inligting waarmee jy in elke vak gebombardeer gaan word, maklik en deeglik neer te skryf, is 'n móét. Dié kursus wys jou presies hoe om 'n taak aan te pak wat jou dosent immer gaan beïndruk ... en 'n uitstekende punt vir jou gaan inbring. Ons leer jou alles wat jy vir die res van jou universiteitslewe gaan kan gebruik om die dosyne werkopdragte wat jy sal kry, soos 'n professionele skrywer aan te pak en te voltooi. Volledige besonderhede

Proefleeskursus

Jy lees elke dag koerant, maar raak vreeslik verergerlik as jy sien hoeveel tik- en spelfoute daar in 'n enkele berig is. Soveel so dat jy elke berig met jou rooi potlood stormloop en die talle foute omkring - net sodat jy kan beter voel. Met jou liefde en aanvoeling vir taal en styl wéét jy dat 'n berig foutloos sou wees as jý dit onder hande kon neem. Jy en jou rooi potlood maak 'n gedugte span en familie en vriende kontak jou altyd eerste wanneer hulle 'n geskrewe stuk wil laat nagaan vir tik- of spelfoute. Jy't dus sommer klaar 'n reputasie vir proeflees-perfeksionisme. Volledige besonderhede

Navorsing vir studente

Nulla mauris odio, vehicula in, condimentum sit amet, tempus id, metus. Donec at nisi si t amet felis blandit posuere. Aliquam erat volutpat. Cras lobortis orci in quam porttitor cursus. Aenean dignissim. Curabitur facilisis sem at nisi laoreet placerat. Duis sed ipsum ac nibh mattis feugiat. Proin sed purus. Vivamus lectus ipsum, rhoncus sed, scelerisque sit amet, ultrices in, dolor. Aliquam vel magna non nunc ornare bibendum. Sed libero. Maecenas at est. Vivamus ornare, felis et luctus dapibus, lacus leo convallis diam, eget dapibus augue arcu eget arcu. Volledige besonderhede

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: